2011/09/22

'n Stukkie gedig

"want êrens êrens is dit lente
en 'n aarde draai ruikerig ryk
en klam soos 'n vrug
(en daar's vinke in die vye)

waar so sê die mense
god sy lakens neerlê om te bleik
bloei die wit sneeu aan die bome
maar wat kan dit ons skeel
met ons vingers soos
muise in die kaas van
ons drome van koejawels en
dae
en
goed?

want êrens beef die lente
en 'n aarde draai ruikerig warm
en ryp soos 'n vrug
(en daar's vinke in die vye)"

Aangehaal uit Breyten Breytenbach se 'vir wilhelm'





Stefan het die foto's in ons tuin geneem waaruit ek hierdie lente-collage gemaak het.

























2011/09/16

My hart het nie net plek vir een kat nie



maar dit mag dalk so lyk. Want sien, al behoort ons huis aan twee katte, is ek Soekie se mens, al is sy Stefan se kat.



 En Stefan is Mei-Mei se mens, al het sy oorspronklik aan Willem behoort. Dis ingewikkeld, maar katmense behoort te verstaan. So, waar ek is, is Soekie, daarom is sy op amper al my foto's.
Maar dit beteken nie Mei-Mei het nie 'n plekkie in my



 

handsak





boekrak 

fotoboks







(geredigeer- Mei-Mei was gladnie beindruk met hierdie inskrywing nie. In haar eie woorde:
Volgende keer sal ek toestemming vra, jammer:(

2011/09/10

Hierdie week

het ek die snoesgoed weggepak (behalwe natuurlik snoeskat Soekie, sy is 'n vier seisoene kat), en die lente uitgepak.
 Ek het winter uit my gordyne uitgewas, en besluit dis tyd vir 'n hele nuwe-lente kamer. 


 Ja, ja, ek weet die kussings is skewerig, maar ek was haastig, 'k?
En ek soek nog die regte kleur groen oorgooideken vir die voetenend, maar vir eers doen die laken maar diens. Anzelle het dit lentegroen genoem toe sy klein was.





  

Na al my harde werk, het ek by Melanie gaan koffie drink, en kyk wat gee sy vir my huistoe:




Lyk haar aronskelke nie pragtig teen my wit gordyne nie?
Hierdie was oupa Thys se stoel. Ek het die fraiing kleed uit my linnekas opgediep. Dis vir my so 'n mooi groen. Die tafeltjie kom uit my Lief se ouerhuis- dit was eers bruin, maar hy het dit vir my gered.



Ouma Susie het die laslappiekussintjie vir my gemaak. Sy is 89 en nog steeds aan die werskaf.


Kyk hoe guitig pronk Marilyn Monroe so onverwags tussen die ander ou-tannie lappies- sy laat my glimlag.

Die lekker ding van winter

is snoesigheid, daarom is ek so bietjie jammer dis verby.


Wag, al my snoesgoed is nie op die foto nie....




So ja, dis beter!