Charles Dickens |
Floraans het nesgemaak in my hart. Toe ek uit die stasie uitstap, oor die straat, was dit tickets. Sy het daar gesit, asof sy nog al die jare vir my wag. Sy het skaars omgekyk net gewink en ek het agter haar aangeloop, betower deur haar skoonheid, haar oudheid, haar sjarme, haar Florence wees.
'n Dag en 'n half was te min in Floraans. Ek dink 'n leeftyd in Floraans sal te min wees. Maar ek was daar, en my Brombeer aan my sy, en die herinneringe sal vir ewig bly.
Ek onthou :
Die Duomo
en oral beelde
Die hangmandjies blomme
Vroegoggend son op 'n plein sonder skares
Uffizi met kamers vol skatte:
Skilderye
tot teen die plafonne
en beelde
Ete en drinke
en goeie geselskap.
En vir oulaas 'n pub vol boeke.
(Ons het honderde foto's geneem by die Uffizi gallerei, maar jy kan self hier na die kunswerke gaan kyk.)
Ek het nie genoeg oor Floraans gesê nie, ek het nie genoeg woorde nie. Eendag sal ek teruggaan, en baie langer bly. Nie vir altyd nie, maar vir 'n rukkie. En dan sal ek terugkom, en vertel.
Groete van huis tot huis.