Wys tans plasings met die etiket crochet jacket. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket crochet jacket. Wys alle plasings

30 Aug. 2013

Dis die einde van Augustus

en ek het vanoggend besef dat ek hierdie maand nog gladnie hier gekuier het nie! Julle dink seker al ek het nou my hande aan die saligheid belowe...

It's the end of August and I realised haven't posted in a while. You must think I have finally found a cure for my restless hands...

 Hier's Belinda met haar handsakkie wat ek vir haar verjaardag in Junie gehekel het. Geen patroon nie, net verbeelding. Die foto's is nie baie duidelik nie, maar ek sal ander neem sodra ek haar weer sien:

Here's pretty Belinda with the little handbag I crocheted for her birthday in June. No pattern, just amagination. The pictures are lousy, but I will take some more when I see her again:





 'n Sirkelserp wat ek met 'n mooi bol wol uit my argiewe gehekel het. Dis intussen weer losgetrek, want ek voel te benoud met dit aan, so ek het 'n doodgewone serp gehekel, maar dis te smal, so ek gaan dit oordoen. (Ek het nie 'n patroon gebruik nie.)

A cowl I hooked with a lovely ball of wool in my stash. It didn't feel right, so I made it into a normal scarve, but now it's not wide enough, so it waits patiently to be unraveled again. (No pattern).


Die baadjie wat ek in Praag begin het, is 'n staatmaker in my kas. Ek het hierdie patroon gebruik, en net 'n blomrandjie aan die voorpante aangesit.

The jacket I strated in Prague is a favourite. I used this pattern, and just added a border on the front.

 

Hier is 'n selfoonsakkie wat ek vir vriendin Tianca gehekel het. Ek moet vir myself ook een maak, myne is altyd soek. Ek het die foto geneem voordat ek die knopie aangewerk het :(

A bag for friend Tianca's Blackberry. I need to make myself one too, my phone is always missing. I took the picture before I added the button :(

 


Ek het vir my pasella-ma 'n mussie gehekel. Sy wou nie 'n blom daarop hê nie, maar ek kon dit nie oor my hart kry om so 'n sober mussie vir haar te gee nie, toe maak ek 'n blomspeld wat sy kan opsit of afhaal soos sy lus kry. Ek het 'n patroon gebruik wat ek gewoonlik vir 'n babamussiegebruik, met net dik wol, en baie dik hekelpen. Laat my weet as jy 'n patroon soek, ek het nie nou die skakle byderhand nie, maar ek sal in my argiewe delf.

I made my mother in law a cap. She didin't want a flower on it, but my frivolous heart couldn't resist. So made a flower pin, so she can use it or leave it. I used a baby-beanie patterns, but used chunky yarn and a big hook. I don't have a link for the pattern handy, but if you need a  pattern, let me know, I will try to find it.




Ek is altyd lus vir brei in die winter, en hierdie patroon was vir my so mooi. Toe brei ek vir vriendin Maraai twee kussings. Ek het materiaal agterkante gemaak, maar dit het nie vir my mooi gelyk nie, toe brei ek die agterkante ook. hulle moet nog klaargemaak word, dan wys ek meer.

I love to knit in Winter, and I loved this pattern. I knitted friend Marietjie two pillows.  I backed it with fabric, but it didn't look right, so I kintted the backs as well. They are not quite finished yet, but I will post the finished product too.


 En laaste maar nie die minste nie- hier is 'n baldadige hasie oor wie ek nog nie meer kan sê nie. Haar storie en dit wat saam met haar gaan, volgende keer!

And last but not least, I made a happy bouncy bunny, but I can't say more about her now. I will leave her and what goes with her, for next time.


Windverwaaide groete van huis tot huis, tot volgende keer!

Windblown greetings from my home to yours, till next time!












26 Mrt. 2013

Intussen / Meanwhile

My Brombeer is (weer) oorsee, besig om my wolgeld  ons daaglikse brood te verdien. Ek verlang, en ek sukkel met goed soos 'n studente-kar wat breek en besproeiingspypies, en luise op die rose, weghol-tamatieplante wat goed soek om teen op te rank, modems wat oppak, en 'n leë plek agter my rug snags.

Mr Grumpy Bear is busy earning money for our daily wool  bread on the other side of the world, and I am alone again. I miss him terribly, and struggle with mundane things like my son's temperamental car, broken irrigation pipes, pests on my roses, runaway tomato vines, busted modems, and an empty place behind my back at night.

Maar ek het my 'big girl panties' aangetrek, en ek doen wat ek moet doen, sonder 'n geween en 'n gekners van tande. Stefan help waar hy kan, maar hy moet gewoonlik douvoordag uit, en kom laat terug, en leer tot hy skuinslê.

But I pulled up my big girl panties, and I do what I have to do when it must be done. Stefan helps a lot, but normally he is out at daybreak, and back late, and studying like mad.

Ek tel die slapies (daar nou minder as twee weke oor, seker so ses verby) totdat my Brombeer vir 'n wekei huistoekom, voordat hy aanbeweeg na die volgende projek, in die volgende land, en intussen knutsel ek voort.

Mr Grumpybear wil be home next weekend, for a week, and then he will be on his merry way again to yet another foreign country. I get crafty to keep my sanity.

Ek het vir 'n vriendin vir haar verjaardag 'n jassie gehekel, van die sagste sagste gare Serena Bamboo. Dis 'n vreeslike maklike patroon wat ek hier gekry het, en dit het heel vinnig gegaan.

I made this coat for a friend, using the softest Bamboo yarn, and this pattern. The pattern is as easy as pie.



My aantrekpop het ongelukkig nie arms om te lig sodat julle die wye moue kan sien nie. 
 
 Unfortunately my manikin can't show you the lovely wide sleeves, because se has no arms!

Die patroon is vir 'n baadjie- lengte, maar toe ek weer sien, was dit so lank soos 'n jas. 

The pattern s for a medium length jacket, but I just kept on crocheting and it became a coat. 
Ek raak nogal meegevoer, veral as ek lekker stories het om te kyk. Onthou julle Little House on the Prairie? Ek het vir my die DVD's aangeskaf om lang eensame aande te besweer, so ek hekel en kyk heerlik, en as ek weer sien is 'n baadjie 'n jas.

I get a bit carried away when I'm watching lovely stories like Little House on the Prairy. I bought the DVD's to help me survive all the long, lonely evenings without the love of my life.


Ek het aan nog 'n geskenk gewerk, maar ek kan nie te veel wys sonder om die aap uit die mou te laat nie.

I worked on another gift, but I can't show too much without letting the cat out of the bag.



Dit is deur my kontrolebestuurder goedgekeer.
It has my quality control managers' approval!


Verder het ek 'n stapel allermooiste vatlappies gehekel.
I also crocheted a pile of potholders.



Dit was vir my so lekker ek het net aangehou en aangehou, so daar is baie persentjies wat wag vir die regte persoon op die regte tyd.

I enjoyed it so much, I just kept going, and now I have a lot of presents waiting.




Hierdie is my gunsteling patroon en dié is vir my die mooiste kleurkombinasie.

This is my favourite pattern, in the colours I like most.



 Om die waarheid te sê, die kleure was vir my so mooi saam, dat ek lus was om nog iets daarmee te doen, en ek dink toe aan die kleure in hierdie kussing.
I loved the colours so much, I wanted to do something else with some of it, so I thought about the colours in this pillow.


En een ding lei tot 'n ander

One thing leads to another

 

en toe ek weer sien, 
and before I knew it

het ek 'n nuwe blokkieskombers begin! 
I started on a new granny square blanket!



Fluit fluit, my storie vir vandag is uit.