Het met my laaste inskrywing skandelik nagelaat om almal wat my skryfsels lees 'n gelukkige 2012 toe te wens. So hier is 'n wens uit my hart: Ek wens jou liefde, en vrede, en voorspoed en gesondheid, en mag die jaar vir jou blom!
Dankie vir elke glimlag, elke drukkie, en elke goeie wens wat jy na my kant toe stuur. Dankie dat jy geduldig is met my as ek meegvoer raak met my eie klein wereldjie, en dankie, dankie, dankie dat jy belangstel om te sien waarmee 'n Poplap met 'n Stoflap doenig is.
'n Kykie deur my kamervenster.
Waar ek my knutselry en mymerings met die wye wêreld deel. Sharing my musings and makings.
09 Jan. 2012
04 Jan. 2012
Elke jaar
kies ek net een nuwe voorneme. Ja, daar is 'n hele lysie om van te kies, maar mettertyd het ek geleer een is volhoubaar. Dit voorkom daardie gevoel van mislukking as jy die 4de Januarie 'n yskoue glasie wyn(jy gaan nie meer drink nie) ingooi om saam met jou bakkie chips te geniet(jy gaan nie meer peusel nie), terwyl jy nonsens kyk op TV(jy gaan jou tyd konstruktief spandeer) as jy eintlik beplan het om te oefen.
Die jaar het ek besluit om régtig beter na myself te kyk. Ek praat nie hier van ure spandeer in haarsalonne of om my naels te verf, of om nooit ooit weer my mond aan suiker te sit nie. Ek praat van kyk na myself op die eenvoudigste moontlike manier. Laat ek verduidelik:
As jy nog nuut is, as jy nog afhanklik is, as jy nog 'n baba is, skree jy oor net 'n paar redes:
1)jy is honger of dors,
2)jy is ongemaklik,
3)jy is moeg.
Honger word met iets eenvoudigs gestil- eers jou melkies, later jou pap, nog later groente en vrugte, heel later eers sagte vleisies. Dors word geles met water, vrugtesap, of rooibostee. Ongemak word verlig met 'n droë doek, koeler kleertjies, 'n ander posisie in jou bedjie. As jy moeg is moet jy slaap. Dis al.
Van die baie dinge wat ek by my liewe moeder geleer het toe my kinders babas was, is die proses van eliminasie. Kyk (of ruik) na die doek. Gee eers water of tee, daarna kos of melk. As die keintjie nog steeds kriewel, kyk of iets hom/haar seermaak. Voel of hy dalk natgesweet is, of haar handjies dalk ysig koud is. Voel of hy koorsig is. Kortom, probeer vasstel wat die behoefte op daardie oomblik is, en voorsien daarin.
As 'n baba nog nie sy voeding gehad het nie, gaan jy hom in 'n warm kar laai, en Mall toe ry nie. As dit tyd is vir haar oggendslapie gaan jy haar nie in 'n 'jolly jumper' stop voor 'n flitsende tv skerm nie. As dit koud is gaan jy nie vir haar die oulike pienk sandaaltjies aantrek nie, en as dit warm is gaan jy nie die dierbare truitjie met die skapies op en die mussie met die haasore vir haar aantrek nie.Om 'n baba se basiese behoeftes te ignoreer is gewoon stupid.
Maar as jy groot is, en jou ma kyk nie meer na jou nie, is dit asof 'n mens dink dit maak nie meer saak nie-
Jy is dors, dan eet jy 'n sjokolade(want jy het gedink jy is honger).
Jy is honger, dan drink jy 'n koppie koffie(Dit Is Nog Nie Tyd vir Ete nie).
Dis 36˚, maar jy is vasbeslote om jou nuwe, kleiner dennim aan te trek, met die prettige driekwartmou rokkie bo-oor.
Dis koud, maar jy gaan nie 'n trui aantrek nie, want dan kan niemand sien hoe goudbruin jou arms is nie.
Jy is moeg, maar jy gaan staan 'n uur lank in die ry by die flieks om die film te gaan kyk wat jou deftige vriendin se kunstenaars vriend aanbeveel het. Dit is mos 'ek' tyd, dan nie? Jy doén 'n slag iets vir jouself. Nie so logies nie, nê? Dis nie 'n wonder dat daar soveel grompottiges die aarde bewandel nie!
Om 'n lank storie kort te maak, hierdie jaar gaan ek regtig na myself kyk. Soos my ma laas gedoen het toe ek haar nog toegelaat het. Met liefde, begrip, toegeneentheid en aanvaarding. Met deernis. Wie weet, miskien kry ek binnekort so 'n wye glimlag in die spieël...

31 Des. 2011
Oujaarsaande
Toe ek klein was, was oujaarsaand 'n spontane, onbeplanne makietie-aand. Baie dikwels was ons op my pa se grootword-plaas, Doringbult, waar daar altyd familie en vriende bymekaargekom het.
My oupa en ouma, en later Oom Basie, se harte en huis was altyd oop, en almal wat hulle geken het, het 'n plek gehad om heen te gaan. Die mees opwindende ding was vuurbal, wat die grootmense in die veld voor die huis gespeel het. 'n Sak is in 'n bal gerol, met 'n lang draad handvatsel. Dan is dit in diesel geweek, aan die brand gesteek, en heen en weer gegooi. Pragtig op 'n donker aand.
Toe ons getroud is, het my Lief en ek graag Vryburg toe gegaan om oujaar saam met ons ouers wat almal daar gebly het, te vier. Laataand het ons die kinders by baie gewillige oupas en oumas gelos, en die nuwejaar in gaan dans.
Maar dinge verander, en mettertyd het ons die jaar by ons eie huis uitgesien. Almal wat wou kon kom, ons kinders se maats ook. Met vonkelwyn, en musiek het ons een jaar uit en die volgende in gesien, van om en by 1998 af tot nou.
Vanaand gaan ons by passela-sus Christien en haar Engelsman braai. Ek was bietjie hartseer toe ek die lagie-slaai wat al 'n oujaarsaan tradisie geword het, maak omdat ons eie huis vanaand stil en alleen gaan wees. Maar ek is terselfedertyd diep dankbaar vir 'n stil, rustige dag wat vanjaar in my skoot geval het, en ek gryp dit met albei hande aan.
En hier is 'n gedig:
Ballade van die nagtelike ure
deur NP van Wyk Louw
Ons liefde het uitgeblom
tussen elfuur en kwart oor twee-
hier sit ek onder die dagbreek
hier sit ek onder die dagbreek
half-nugter eb verlee
op die koel stoeptreetjies êrens
waar ek 'n blink waterkraan sien,
in die ure van die donker dors
tussen twaalfuur en smôrrens om tien.
Om elfuur was jou liggaam
die honger en dors in my,
as jou skewe papier-kalot
ver deur die danssaal gly.
Om twaalfuur was jy 'n ligte brug,
'n hoë, gevaarlike gang
bo my klein verwildering
tussen pyn en sterwe gehang.
Om eenuur was jou hare
vir my vingers 'n bose strik,
en jou lyf soos swart stil water
en jou asem soos 'n snik.
En nou het die môre my
oor die rand van die glas gemors
op die stoep by die kraan wat blink
in die uur van die donker dors.
30 Des. 2011
Vir oulaas.
Vandag wil ek vir oulaas nostalgies raak oor 'n jaar wat verby is, en al die vreugdes wat dit gebring het. 'k, ek kan nie ál die vreugdes opnoem nie, daar is doodgewoon te min tyd. Maar ek kan 'n paar met julle almal deel:
-My Nooientjieskind en haar Ryan het ewige trou aan mekaar gesweer.
-My Seunskind het matriek geskryf. Hier's 'n foto van Stefan en Pablo na 'n stappie. Ek kon nie 'n matriekafskeisfoto opspoor nie.
-Ou vriende het weer verskyn: Elsie, Karin en Riaan, Marietjie.
-Vriende van 'Down Under' het kom kuier: Sonja, Carmen en Rod
-My geliefdes het kom kuier en kom help met die troue: Ouma, Pa en Ma, Doortjie en Andries.
-Ek het stapels wonderlike boeke gelees: The Book Thief van Markus Zusak die roerendste.
Hier is Dood aan die woord. Hy praat oor die wat agterbly, wanneer hy iemand kom haal:
"Which brings me to my next point.
It's the leftover humans.
The survivors.
They're the ones I can't stand to look at..."
Dan in Afrikaans, Marlene Van Niekerk se Agaat. Ek is so bly ek het nie die boek gelees toe hy uitgekom het nie, want toe het ek iets lekker vir later:)
Dit is 'n verhaal van 'n ou dame met motor-neuron siekte, sterwend, en haar getroue huishoudster Agaat. Uit verskeie perspektiewe ontvou hulle storie, blatant eerlik, skokkend amper, maar tog met deernis. Die vaardigheid van Marlene is verstommend. Die boek, vir my, is te vergeleke met 'n uitstekende skildery. Op die oog af is dit steurend, jy wil amper wegkyk, maar dan sien jy die subtiele skoonheid, die sagte speling van lig, die realistiese weergee van die lewe self.
-Ek het soveel mooi liedjies ontdek. Uit eie bodem: Kurt en Laurika se Slang in die gras , Heuwels fantasties se Klein Tambotieboom
Die heerlikste koek wat ek die jaar gebak het was 'n suurlemoen roosmaryn koek. (Ek het ongelukkig nie 'n resep daarvoor nie, het dit saamgeflans uit verskeie resepte, maar ek sal dit weer bak, en dan neerskryf.)
Die Bloemfonteinse skrywersvereniging het vir my storie 'n prys gegee!
Ek het hierdie blog begin.
-My Nooientjieskind en haar Ryan het ewige trou aan mekaar gesweer.
-My Seunskind het matriek geskryf. Hier's 'n foto van Stefan en Pablo na 'n stappie. Ek kon nie 'n matriekafskeisfoto opspoor nie.
-Ou vriende het weer verskyn: Elsie, Karin en Riaan, Marietjie.
-Vriende van 'Down Under' het kom kuier: Sonja, Carmen en Rod
-My geliefdes het kom kuier en kom help met die troue: Ouma, Pa en Ma, Doortjie en Andries.
-Ek het stapels wonderlike boeke gelees: The Book Thief van Markus Zusak die roerendste.
Hier is Dood aan die woord. Hy praat oor die wat agterbly, wanneer hy iemand kom haal:
"Which brings me to my next point.
It's the leftover humans.
The survivors.
They're the ones I can't stand to look at..."
Dan in Afrikaans, Marlene Van Niekerk se Agaat. Ek is so bly ek het nie die boek gelees toe hy uitgekom het nie, want toe het ek iets lekker vir later:)
Dit is 'n verhaal van 'n ou dame met motor-neuron siekte, sterwend, en haar getroue huishoudster Agaat. Uit verskeie perspektiewe ontvou hulle storie, blatant eerlik, skokkend amper, maar tog met deernis. Die vaardigheid van Marlene is verstommend. Die boek, vir my, is te vergeleke met 'n uitstekende skildery. Op die oog af is dit steurend, jy wil amper wegkyk, maar dan sien jy die subtiele skoonheid, die sagte speling van lig, die realistiese weergee van die lewe self.
-Ek het soveel mooi liedjies ontdek. Uit eie bodem: Kurt en Laurika se Slang in die gras , Heuwels fantasties se Klein Tambotieboom
Van ver oor die diep
blou see: die jonge Adelle se
Someone like you
Ontslape Johnny
Cash se
The first time ever I saw your face.Die heerlikste koek wat ek die jaar gebak het was 'n suurlemoen roosmaryn koek. (Ek het ongelukkig nie 'n resep daarvoor nie, het dit saamgeflans uit verskeie resepte, maar ek sal dit weer bak, en dan neerskryf.)
Die Bloemfonteinse skrywersvereniging het vir my storie 'n prys gegee!
Ek het hierdie blog begin.
29 Nov. 2011
Kyk solank hier
Dit was Saterdag 'n blinkskoon, windstil dag.
Die koek was iets uit 'n ander wêreld.
En die kaalvoet bruid die mooiste wat ek nog gesien het. Ja, ja, ek weet dis my dogter- maar lyk dit nie of sy uit 'n skildery ontsnap het nie?
Hierdie foto's is net 'n voorsmakie- sodra ek almal gekry het sal ek volledig verslag doen!
Teken in op:
Plasings (Atom)