10 Sep. 2011

Hierdie week

het ek die snoesgoed weggepak (behalwe natuurlik snoeskat Soekie, sy is 'n vier seisoene kat), en die lente uitgepak.
 Ek het winter uit my gordyne uitgewas, en besluit dis tyd vir 'n hele nuwe-lente kamer. 


 Ja, ja, ek weet die kussings is skewerig, maar ek was haastig, 'k?
En ek soek nog die regte kleur groen oorgooideken vir die voetenend, maar vir eers doen die laken maar diens. Anzelle het dit lentegroen genoem toe sy klein was.





  

Na al my harde werk, het ek by Melanie gaan koffie drink, en kyk wat gee sy vir my huistoe:




Lyk haar aronskelke nie pragtig teen my wit gordyne nie?
Hierdie was oupa Thys se stoel. Ek het die fraiing kleed uit my linnekas opgediep. Dis vir my so 'n mooi groen. Die tafeltjie kom uit my Lief se ouerhuis- dit was eers bruin, maar hy het dit vir my gered.



Ouma Susie het die laslappiekussintjie vir my gemaak. Sy is 89 en nog steeds aan die werskaf.


Kyk hoe guitig pronk Marilyn Monroe so onverwags tussen die ander ou-tannie lappies- sy laat my glimlag.

2 opmerkings:

Anoniem het gesê...

Ek wonder of Ouma ooit weet wie Marilyn is?

Santie het gesê...

Ek wonder ook, Sus. Ons moet haar tog vra...