Wys tans plasings met die etiket crochet blanket. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket crochet blanket. Wys alle plasings

25 Jul. 2014

Strepe Lekkerte

Die streepkombers is aansteeklik. 


Vriendin Melanie het dit by haar buurvroue aangesteek, ongelooflik vinnig geleer hekel, en dit aangedra om vir my te kom wys hoe sy vorder. Julle weet hoe vatbaar ek is vir sulke baldadighede. Voordat jy kon sê 'hekelpen', is ek ook oorval, en drie weke en drie seisoene van een van my gusnteling stories later, was my kombers klaar. Ek plaas baie foto's om sodat julle die verskillende patrone mooi kan sien.

Ek het double knit wol gebruik, en 'n 4.5mm hekelpen.Ek het geen idee hoeveel kleure ek gebruik het nie.



 




Sodra 'n mens verveeld raak, begin jy met 'n nuwe steek/patroon en kleur.








Die bobbeltjies is my gunsteling. Mens moet net die bobbelsteke mooi styf trek om dit goed te laat uitstaan, en ek het in die later rye 5 langebene in elke bobbeltjie gemaak, i.p.v. net vier.






Hier is geskrewe ry-vir-ry aanwysings met of sonder foto's, om hierdie plesierige kombers te hekel. Ek het 193 steke gehekel, en dit pas op my dubbelbed, maar sonder oorhang. Die aanwysings is duidelik, en meestal maklik. Lees dit net baie mooi. Ek het nie die patroon op die letter gevolg nie, net naastenby, en aangehou totdat die kombers so lank soos ek is. Die enigste wenke wat ek het is:

1) Tel na elke patroonry jou steke, sodat jy dit kan regmaak. Ek het in die half-langbeen of langbeenrye vermeerder of verminder as dit nodig was.
2) Maak seker dat jou bobbeltjies aan dieselfde kant is, deur 'n ekstra ry langbene of half-langbene as dit nodig is.
3) Vir die Catherine Wheel moet jou spanning baie los wees. Ek het in my later rye daarvan ook dan oorgeslaan na 'n nr 5 hekelpen.
4) Werk soveel moontlik wolletjies in soos jy aangaan, anders gaan dit ure neem na die tyd. Ek het 'n omvou rand gedoen, wat die wolletjies wegsteek, soos Little Woollie. Dis 'n paar rye kortbene, wat omgevou en vasgewerk word. Dit lyk heel netjies:






 

Is dit nie mooi nie? Op Ravelry is daar ook 'n skakel na die patroon, en jy kan na ander komberse ook kyk. Is jy ook lus om een te hekel? Laat weet my, en ook as jy reeds deur die gogga gebyt is. Ek sal graag joune wil sien.



 

Groete van huis tot huis!

15 Feb. 2014

Vandat ek laas hier was/ Since last time

Ons het by my Brombeer in Praag gaan kuier.     
We visited Mr Grumpy Bear in Prague.
Ek het potte kos gemaak.                                            
I cooked.
Ek het nuwe resepte probeer.                                  
I tried new recipes.
Ek het boeke gelees.                                                    
I read books.
Ek het flieks gekyk.                                                 
I watched movies.
Ek het musiek geluister.                                           
I listened to music.
Ek het wasgoed gewas.                                                
I did laundry.
Ek het afgestof.                                                        
I dusted.
Ek het geskryf.                                                              
I wrote.
Ek het goed reggepak.                                             
 I tidied closets and drawers.
Ek het televisie gekyk.                                                  
I watched TV.
Ek het potte tee gedrink.                                          
I drank tea.
Ek het koek gebak.                                                        
I baked cakes.
Ek het koek geëet.                                                         
I ate cake.
Ek het kruideniersware gekoop.                                    
I did grocery shopping.
Ek het met Pablo gespeel.                                             
I played with Pablo.
Ek het Mei-Mei geliefie.                                               
I cuddled Mei-Mei
Ek het gesels.                                  
I chatted.
Ek het Blogs gelees.                                                      
I read Blogs.
Ek het foto's op Pinterest gekyk.                                  
I looked at Pinterest.
Ek het foto's op Pinterest geplak.                                 
I pinned on Pinterest.
Ek het gedigte gelees.                                                   
I read poetry.
Ek het na die sterre gekyk.                                           
I looked at the stars.
Ek het rose geruik.                                                       
I smelled roses.
Ek het tuin natgemaak.                                                
I watered the garden.
Ek het lysies gemaak.                                              
I made lists.
Ek het my man verwelkom.                                  
 I welcomed my husband back.
Ek het my man weer afgesien.                                    
I said goodbye again.
Ek het nog 'n klomp dingetjies gedoen.                    
I did a lot of little things.
Maar dis nie hoekom jy hier is nie.                             
But that's not why you are here.
Jy  wonder wat het ek alles geknutsel.                         
You wonder what I crafted.

Hier is my laaste projekte:                                          Have a look at my latest projects:


My pasella ma het in laasjaar 'n kombersie gevra, en ek het dit so tussen ander projekte gehekel. Ek het die inspirasie hier gekry.

My mother in law wanted a blanket, and I crocheted it between other projects. I got my inspiration here.





Ek en Pasella Ma het saam die kleure gekies, sodat dit by haar kamer pas, én my nie verveel nie. Dit was vir my so lekker om dit te hekel, dat ek nou besig is om (nog) een vir my eie bed ook te hekel.

We chose the colors together to match her bedroom, and to keep me from getting bored. i enjoyed it so much, I decided to start on (another) one for my own bedroom.

Ek weet nie of julle die sakke wat ek hier, hier en hier gewys het, onthou nie. 'n Vriendin het verjaar, en ek was lankal lus om iets soos hierdie te maak.  Die patroon vir die handvatsel het ek hier gekry.

Do you remember the bags I made here, here and here?  I always wanted to make something like this, so I crocheted it for a friend's birthday.You can find the pattern for the handles here





Ek het van die dik katoengare gebruik vir die sak, en 4 draad vir die blommetjies.

I used DK cotton for the bag, and 4ply for the flowers.



 
Ek het laasjaar babagoed gewys wat ek vir Pasella Sus se kleinkind gehekel het. Hier is my neef se tweeling se goedjies:

 I made these for my cousin's twins: 



En om dankie te sê dat ek Daisy by Belinda kon leen om die skoene te pas (Amy het lapvoete) het sy ook skoene en 'n hoed gekry.

And to thank Belinda for lending Daisy to me to be my shoe model, I made her this:





Groete van my huis tot joune!

 Greetings from my home to yours!



11 Sep. 2013

Hasie, hoekom is jou stert so kort/ About bunnies and babies

Ek brand al weke om hierdie inskrywing te doen! Maar ek moes eers geduldig wag vir 'n klein mensie om by ons in hierdie wêreld te kom aansluit sodat haar Mamma darem haar persentjie voor die hele wye wêreld kon sien! Die klein liefie heet Leah, en is Saterdagaand laat gebore. En my pasella- sus Christine en haar Engelsman in die trotse en gelukkige Oumie en Oupa. Ek het gistraand met Leah se Oumie gepraat, en alles gaan goed met haar en haar mamma, en hulle is al tuis.
Ek hoef julle nie daaraan te herinner dat ek mal is oor knutselry nie, en babagoed is my  gunsteling. So genoeg gepratery, hier is iemand anders aan die woord:

I waited for weeks to do this post! But I had to wait for a certain little person to join us in this world, I wanted her mommy to see the gift before the wide wide world. My sis in law  Christine and her Englishman became the proud grandparents of baby Leah on Saturday night. I spoke to Leah's Grammy yesterday evening, and was glad to hear both Leah and her Mommy are doing well, and they are home already.

I don't think I need to remind you that I love wool and needles, and baby things are a firm favourite of mine. But I said enough- here is someone else who wants to do the rest of the talking:




Hallo al die mense op die wêreld wye web wat kom kyk wat die Poplap met die Stoflap met haar brei en hekelnaalde doen! Ek is baba Leah se hasie. Eh hoop sy hou van my! Hoe dink julle? Sal sy? Sal sy? Ek weet sy's nog baie baie klein....

Hello to everyone on the world wide web! I am baby Leah's bunny. I hope she will like me. What do you think? Will she? Will she? I know she is still itty bitty...



Miskien as sy sien hoe viendelik ek is

Maybe when she see how friendly I am



Of as sy my mooi skoene sien.

or when she see my pretty pretty shoes.




Kyk hoe mooi strik maak my rok vas:

Look at the pretty bow tying my dress:





En my ronde wit hasie stertjie

And my fluffy round bunny tail






en ek is so effens verleë om vir julle te wys, maar kyk net my mooi strepies broekie!

I am a bit embarrassed to show you, but look at my lovely stripy knickers!





Oe, ek hoop sy hou van my! Maar ek dink sy sal, want Tannie Soekie was bereid om by my te sit vir 'n foto, en sy is 'n baaaaaie deftige kat.

Oh, I hope she likes me! But I think she will, because Aunty Soekie was willing to pose for a picture with me, and she is a very smart cat.


Kyk, hier is Leah se bersie:

Look, here is Leah's little blankie:




En haar hoed en skoene. Dis amper so mooi soos myne!

And her hat and shoes are almost as pretty as mine!


 Hier is haar wit hoed en skoene. Hoekom het sy meer as ek! Wag, die tannie sê sy sal eendag vir my ookk nog maak as Leah groter is en sy wil my uit en aantrek. Ek dink die tannie is baie gaaf, maar die oom hier sê die tannie soek enige verksoning om met haar wol en naalde te speel....

Here's her white hat and shoes. Why does she have more than me! Wait, the lady says she shall make me some more when Leah is bigger, and she wants to dress me me up. I think the lady is very kind to offer, but her husband says she just needs an excuse to play with her yarn and needles some more...


Hier is nog 'n foto van die hoed:

Here's another picture of the hat:



en die allerliefste skoentjioes met hulle geborduurde blommetjies.

and the sweetest shoes with embroidered flowers.



 Maar die skoene wat ek die graagste wil hê, is sulke rooies:

But these are the shoes I like best. Red shoes



met wit rosies.
 
with little white roses.


Die tannie sê 'n meisie kan nooit genoeg skoene hê nie. En ek stem saam! Die tannie sê sy het hierdie patroon gebruik vir die skoentjies, en dit net 'n bietjie aangepas vir die rooies. Die patroon vir die hoedjie het sy hier gekry, en die een vir die mussie hier. Hier is die patroon vir die kombersie. Die patroon vir 'n hasie soos ek het die tannie ongelukkig saamgeflans, en nie neergeskryf nie.

Miskien neem Leah se Mamma of Oumie haar af met van haar skoentjies en hoedjies, maar sy is nog so kleintjies dat ek dink alles gaan vir haar te groot wees. Hou duim vas dat sy van my hou!

The lady says a girl can never have to many shoes. I agree. The lady says she found the pattern for the shoes here, and adjusted it a bit for the red ones. The patterns for the hat is here. Here is the pattern for the blanket. The pattern for a bunny like me the lady concocted herself, and she didn't write it down.

Maybe Leah's Mommy or Granny will take some pictures of her wearing her hats and shoes, but she is still so tiny I think everything will be a bit big. Cross your fingers that she will like me!


Fluit fluit, ons storie is uit. Groete van my huis na joune.

That's it, for today. Greetings from your home to mine.