Waar ek my knutselry en mymerings met die wye wêreld deel. Sharing my musings and makings.
18 Nov. 2011
Ek is nog hier
as iemand my al gemis het. Laasweek het ek en my masjien 'n heerlike dag saam spandeer. My meisiekind hou vreeslik baie van bak en kook, toe besluit ek om vir haar ietsie aan mekaar te slaan:
Die aanhaling wat ek daarop borduur het, kom uit een van haar gunsteling boeke, "Emotionally Weird" deur Kate Atkinson.
Voordat julle met my raas, omdat ek afdwaal:
die trourok is klaar, ek moet nog net 'n paar handwerkies daaraan doen. Ek het vanoggend die nate omgekap, en my baadjie gemaak.
En gou-gou die res van die voorskootmateriaal omgesoom vir 'n nuwe tafellap.
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking