26 Mrt. 2013

Intussen / Meanwhile

My Brombeer is (weer) oorsee, besig om my wolgeld  ons daaglikse brood te verdien. Ek verlang, en ek sukkel met goed soos 'n studente-kar wat breek en besproeiingspypies, en luise op die rose, weghol-tamatieplante wat goed soek om teen op te rank, modems wat oppak, en 'n leë plek agter my rug snags.

Mr Grumpy Bear is busy earning money for our daily wool  bread on the other side of the world, and I am alone again. I miss him terribly, and struggle with mundane things like my son's temperamental car, broken irrigation pipes, pests on my roses, runaway tomato vines, busted modems, and an empty place behind my back at night.

Maar ek het my 'big girl panties' aangetrek, en ek doen wat ek moet doen, sonder 'n geween en 'n gekners van tande. Stefan help waar hy kan, maar hy moet gewoonlik douvoordag uit, en kom laat terug, en leer tot hy skuinslê.

But I pulled up my big girl panties, and I do what I have to do when it must be done. Stefan helps a lot, but normally he is out at daybreak, and back late, and studying like mad.

Ek tel die slapies (daar nou minder as twee weke oor, seker so ses verby) totdat my Brombeer vir 'n wekei huistoekom, voordat hy aanbeweeg na die volgende projek, in die volgende land, en intussen knutsel ek voort.

Mr Grumpybear wil be home next weekend, for a week, and then he will be on his merry way again to yet another foreign country. I get crafty to keep my sanity.

Ek het vir 'n vriendin vir haar verjaardag 'n jassie gehekel, van die sagste sagste gare Serena Bamboo. Dis 'n vreeslike maklike patroon wat ek hier gekry het, en dit het heel vinnig gegaan.

I made this coat for a friend, using the softest Bamboo yarn, and this pattern. The pattern is as easy as pie.



My aantrekpop het ongelukkig nie arms om te lig sodat julle die wye moue kan sien nie. 
 
 Unfortunately my manikin can't show you the lovely wide sleeves, because se has no arms!

Die patroon is vir 'n baadjie- lengte, maar toe ek weer sien, was dit so lank soos 'n jas. 

The pattern s for a medium length jacket, but I just kept on crocheting and it became a coat. 
Ek raak nogal meegevoer, veral as ek lekker stories het om te kyk. Onthou julle Little House on the Prairie? Ek het vir my die DVD's aangeskaf om lang eensame aande te besweer, so ek hekel en kyk heerlik, en as ek weer sien is 'n baadjie 'n jas.

I get a bit carried away when I'm watching lovely stories like Little House on the Prairy. I bought the DVD's to help me survive all the long, lonely evenings without the love of my life.


Ek het aan nog 'n geskenk gewerk, maar ek kan nie te veel wys sonder om die aap uit die mou te laat nie.

I worked on another gift, but I can't show too much without letting the cat out of the bag.



Dit is deur my kontrolebestuurder goedgekeer.
It has my quality control managers' approval!


Verder het ek 'n stapel allermooiste vatlappies gehekel.
I also crocheted a pile of potholders.



Dit was vir my so lekker ek het net aangehou en aangehou, so daar is baie persentjies wat wag vir die regte persoon op die regte tyd.

I enjoyed it so much, I just kept going, and now I have a lot of presents waiting.




Hierdie is my gunsteling patroon en dié is vir my die mooiste kleurkombinasie.

This is my favourite pattern, in the colours I like most.



 Om die waarheid te sê, die kleure was vir my so mooi saam, dat ek lus was om nog iets daarmee te doen, en ek dink toe aan die kleure in hierdie kussing.
I loved the colours so much, I wanted to do something else with some of it, so I thought about the colours in this pillow.


En een ding lei tot 'n ander

One thing leads to another

 

en toe ek weer sien, 
and before I knew it

het ek 'n nuwe blokkieskombers begin! 
I started on a new granny square blanket!



Fluit fluit, my storie vir vandag is uit.


06 Feb. 2013

Rus en Vrede/ Peace and Rest

Ek het verlede Donderdag en vanoggend heerlik agter my masjien gesit om nuwe rokke te maak vir my trekkende stoele (trekkend omdat hulle van kamer tot kamer skuif), terwyl ek na 'n luisterboek luister. Julle weet mos dis vir my die beste van twee wêrlede- stories en knutselry.

Last Thursday, and yesterday morning, I spend some time with my sewing machine. I made new dresses for my wandering chairs
(wandering because they move from room to room, to accommodate my whims). While I worked, I listened to an audio book. The best of two worlds, stories and crafting.


Die stoele is aangetrek om by my nuwe beddegoed te pas. Ek het die glip-oortreksels uit dennim gemaak, en dit maak agter met 'n guitige strik vas.
The slip covers matches my new bed cover.   I used white denim, and it ties at the back with a coy bow.


 Die blokkiesdeken is vir eers oor die buite-spaarkamer se bed. Ek het net deesdae 'n groter behoefde aan kalmte, en die deurgestikte deken is vir my baie mooi.

My granny square blanket moved to our outside guest room. Nowadays I am in serious need of calmness. I love the white quilt.



Dis ook makliker om te was, en word gouer droog. Die versreëls wat ek op die laslappiekussing borduur het, is uit 'n gedig van Emily Dickinson. Die gedig gaan eintlik oor die laaste rusplek, julle weet, die rusplek onder die lang bome, maar wie gee om. Dis vir my pragtig.

It is also easier to wash.  The embroidery i did on the patchwork pillow is from an Emily Dickinson poem. The poem is actually about the last place of rest, that final one, but who cares. It is beautiful words.

Iemand het kom inspeksie hou.

Somebody came for an inspection. 

 

Ek dink ek het geslaag. Miskien net net. Maar ek weet ook ek sal kombersies op die stoele moet sit, anders gaan ek die oortreksels elke week moet was. Want katte iis nie so skoon soos wat hulle dink hulle is nie. En ek hou van my witgoed, wel, wit.

I think I passed. By the skin of my teeth.I will have to put blankies on the chairs. I don't want to wash the covers every week. Cats are not as clean as they think. And I like my whites, well, white.


Van buite af het nog iemand gewens hy kan 'n bietjie op my wit bed lê. Ek wonder of hy sy kleintyd onthou.

Someone  watched from outside. I wonder if he still remembers his puppy dog days.



Toe kon hy nog af en toe die voorreg hê. Nou is hy te groot  en vuil en hy ruik soos 'n basset. Ons het hom buite lief.

He was sometimes allowed inside then. Now he is too big, and dirty, and he smells like a Basset. We love him outside.

Ek dwaal weer af. Hier is die hele prentjie.

But I do regress. Here's the whole picture.


Ek is tevrede. So jy wees?

I am perfectly happy. Would you be?









24 Jan. 2013

Knopieskant - Tatting



 

Ek kon nie 'n Afrikaanse woord daarvoor kry nie, maar ek reken dat, siende dat die hele proses bestaan uit knopies, is knopieskant gepas. Dit spook al 'n rukkie by my, die knopieskantmakery. Dit word gedoen met 'n 'shuttle' of op 'n naald, rye knopies wat ringetjies en boë vorm om 'n kantmotief, of afwerking te maak.

I couldn't find a Afrikaans word for tatting, so I made up my own, and seeing that the craft consists of knots, I made up the word 'knopieskant'.  That means literally knot-lace. 
Tatting has intrigued  me for a while now. It consists of rows of knots made into rings and arches, with a shuttle or a needle, to form motifs or edgings.



Ek kon niemand kry om my te wys hoe nie, en die shuttle het my ore aangesit, maar anderdag kuier ek by Marilyn op haar blog  Room on the Left, en daar is die antwoord: knopieskant wat met 'n naald gedoen word. Daar is iets soos 'n 'tatting needle' beskikbaar, 'n lang naald met 'n oog wat nie wyer as die naald is nie en 'n stomp punt, maar ek kon nie een by ons Werksmandjie kry nie. Die lus om dit te probeer was te groot om te wag vir 'n bestelling, toe koop ek maar 'n stelletjie poppenaalde. Dit werk baie goed, maar die skerp puntjie kan 'n mens se vinger bietjie karnuffel, en dit kan 'n redelike bloederige spulletjie afgee. Gelukkig is my Brombeer 'n man met 'n plan, en hy het die naald vir stomp gemaak.

I couldn't find anyone to show me how it is done, and the shuttle baffled me, but the other day I visited Marilyn at her blog, Room on the Left, and there I found the answer: needle tatting! I couldn't find a tatting needle at our local haberdashery, and being to impatient to wait for a mail order, I bought a set of doll needles. They are a bit sharp, but Mr Grumpy Bear fixed it for me, and they are working a treat.



Ek het You Tube videos gekyk, 'n paar goed gelees. En probeer. 'n Knopie vorentoe

I watched some You Tube videos, and read about it. then I tried- knot to the front





en 'n knopie agtertoe opgesit vorm 'n dubbelknoop, en herhalings hiervan,

and a knot to the back, to make a double knot. Repeat,

 

met picots tussenin

with a picots in between


 waarmee jy bogies of ringetjies vorm

to make rings and arches.





en siedaar!

Voila!

 

'n Nuwe vaardigheid vir 'n nuwe jaar.

A new craft for a new year.

Tot dusver het ek nog net blommotiefies met lekker dik gare gemaak, maar ek is heeltemal van plan om my hand nou aan 'n paar randjies te waag. Al waamee ek regtig gesukkel het, is om die deurrygdraad lank genoeg te laat,(dis baie meoilik om te bereken), en my hekelvingers moes leer om die draad reg vas te hou.
As iemand weet of daar 'n beter woord vir tatting in Afrikaans is, laat my asb weet, en enige wenke van iemand wat weet hoe, is welkom.

I have only made a few flowers with thick crochet cotton, but I am determined to make some edges with a finer thread soon. The only difficulty I really had, was to judge how long a tail I should leave, and my crochet fingers had to learn to hold the thread differently. 

Please let me know if you have a better Afrikaans word for tatting, and I would welcome any suggestions or advise.




16 Jan. 2013

Ou dinge in 'n nuwe jaar


Julle het seker gedink ek het die stoflap ingegooi, op my besem geklim en gegaan. Ek het so lanklaas iets geskryf! Die laaste paar maande van 2012 was vir my so 'n effense beproewing, want sien, ek het my lang toon gebreek nadat ek in die donker in die kis by die voetenend van ons bed vasgeloop het.


Sien, die een. So 'n geelhout kis van Brombeer se voorgeslagte af.

Ek het dadelik geweet dis nie sommer 'n ou stampie nie. My tone het somer so skuins gestaan, weg van die groottoon af. Die x-strale het dit bevestig. Die toon is mors af, nie net gekraak nie. Dit het te naar gelyk. Kyk hier.  (Net nie op jou nugter maag nie.)
 
 


 Dit was BAIE seer. Dit was blou tot op my voetsool. Kompleet gelyk asof ek in moerbeie getrap het. Die foto's is eers 'n week of twee later geneem.  Kan niks daaraan doen nie, net vasdraai aan die toon langsaan, en so min moontlik gewig daarop sit. Soos julle almal teen die tyd seker vermoed, hierdie poplap is nie baie lig nie nie, en sit nie graag stil nie.
Ses weke het die dokter wat toe op diens was, gesê. Agt weke later gaan huil ek toe by my eie dokter. Ek is het 'n pyn in die toon! Nog steeds! Dis al twee maande! Sy laat neem weer x-stale- dit heg, maar stadig. Geduld, sê sy, is wat ek moet hê, en gee simpatiek vir my nog 'n paar pynpilletjies. Wat nie werk nie.
Maar geduld was toe die antwoord, want ek kan uiteindelik sê, nou, na meer as tien weke, voel dit beter. Die toon lyk nog soos 'n chipolata worsie, maar darem 'n bleke, nie 'n bloue nie. Ek kan met my vol gewig daarop trap sonder om te gil, maar ek kan nog nie strek nie. Vir hoë goed roep ek maar my Seuna, of Brombeer, wat darem nog hier rond is, en heel gewillig is.

Maar net om die treurmare op 'n vroliker noot af te sluit: Kyk wat het ek alles gehekel terwyl ek so rondgesit het.


Dis die bommetjies wat my badkamergordyn geword het. Seuna vind dit hartseer dat ek soveel moeite gedoen het. Hy sê ek moes nie. 'Moeder', sê hy, ' u moes moes nie. Regtig nie'.
Ounooi, wat darem gespaar is van die gebruik van die badkamer sedert sy haar eie nessie het, sê "geen kommentaar".  Ek dink sy is oorweldig deur die absolute baldadigheid van 'n blomgordyn. Ek het die patroon hier gekry.



Verder het ek 'n stel lappies gehekel om onder warm borde op my tafel te sit. Ek het dit met 'n dubbel draad gehekel, ongelukkig uit my kop uit.


Toe het ek vir my 'n katoen truitjie gehekel, uit hierdie boek. Die knope is nog nie aangewerk nie, en die inspekteur is nog nie heeltemal tevrede nie:


Tussendeur het ek in November 'n boek geskryf.   Ek het deelgeneem aan die jaarlikse uitdaging om 'n boek van 50 000 woorde in November te skryf. Dit was 'n ervaring- om te sien dat dit heeltemal moontlik is (teen ongeveer 1600 woorde per dag, wat my so tussen 'n uur en twee ure neem), en om deur al die prosesse te gaan om 'n storie op papier te kry. Uiteindelik het ek 'n storie geskryf met 'n einde! Ek moet dit nog net verwerk, en dan voorle aan uitgewewers.

'n Paar maande gelede het ek begin met 'n kombersie vir die voetenend van my bed, en toe belangstelling verloor. Ek het die blokke opgediep, nog 'n paar gehekel, dit toe aanmekaar gehekel, en fraaie fraiings aangesit.

 

Dis van die sagste wol, Elle se Cuddly, en ek kan nie wag vir 'n koel dag om onder hom te le en lees nie.


Die laaste van my projekte was hierdie pragtige engeltjies- ek kan nie eens onthou hoeveel van hulle ek gehekel het nie. Hulle is so dierbaar, en dis so vinnig om hulle te maak, dat almal wat in Desember by my gekuier het, met 'n engel huistoe is. Daar is darem nog 'n paartjies oor:



Ek het die patroon hier gekry.

Fluit fluit, my storie vir vandag is uit!

08 Okt. 2012

Oumablokkies van verlange


Kom ek vertel gou vir almal wat dit nog nie ken nie, my blokkieskombers-storie:


So vyf jaar gelede is my manlief Nederland toe om vir 'n jaar daar te gaan werk. Sien, hy het wanderlust, en  ék het dinamiet nodig om my te beweeg. Toe gaan hy, en ek bly. Op daardie stadium het ek oumablokkies begin hekel om al by bietjies op te gebruik.


Met hierdie het ek begin. Ek het begin met 'n kleur, en doodgewoon aangegaan met die volgende as dit op was, ongeag of die ry klaar was.


My verlange na my beterhelfte het so handuit geruk, dat dit in 'n gereelde nagtelike hekelry ontaard het, wat later sommer ook  'n helder-oordag vergryping geword het. Bietjies-wol is opgebruik, en daar is baie bolletjies wol gekoop. Ek weet nie hoeveel nie.  Julle weet mos ek ly aan rustelose hande. Selfs my ma, wat eintlik liewer brei, het begeesterd geraak, en vir my 'n klompie blokkies gehekel. Geen twee blokkies is dieselfde nie.

 




  'n Vriendin het ook vir my 'n paar blokkies gehekel, maar hare lyk almal dieselfde, so ek het net een  gebruik.




14 Rye van 15 blokkies later was die eerste 2 maande en 'n bietjie om. 'n Kombers was klaar, en ek het my man in Nederland gaan haal. Hy het besluit om tog nie 'n jaar te bly nie.  Want hy het ook te veel verlang.







Ek het op die ou end baie meer blokkies gehad as wat ek nodig gehad het vir my dubbelbedkombers, so ek het die begin van nog so bont kombers, as die lus my beetpak, of my man weer vir 'n ruk weggaan!



 Die kombers bly mooi, al word hy hoe gereeld gewas. Ek is nogal verbaas daaroor, want ek het soveel soorte wol gebruik, en nie alles was ewe mooi nie. Om voor die hand liggende redes moet dit gereeld wasmasjien toe!