25 Jul. 2014

Strepe Lekkerte

Die streepkombers is aansteeklik. 


Vriendin Melanie het dit by haar buurvroue aangesteek, ongelooflik vinnig geleer hekel, en dit aangedra om vir my te kom wys hoe sy vorder. Julle weet hoe vatbaar ek is vir sulke baldadighede. Voordat jy kon sê 'hekelpen', is ek ook oorval, en drie weke en drie seisoene van een van my gusnteling stories later, was my kombers klaar. Ek plaas baie foto's om sodat julle die verskillende patrone mooi kan sien.

Ek het double knit wol gebruik, en 'n 4.5mm hekelpen.Ek het geen idee hoeveel kleure ek gebruik het nie.



 




Sodra 'n mens verveeld raak, begin jy met 'n nuwe steek/patroon en kleur.








Die bobbeltjies is my gunsteling. Mens moet net die bobbelsteke mooi styf trek om dit goed te laat uitstaan, en ek het in die later rye 5 langebene in elke bobbeltjie gemaak, i.p.v. net vier.






Hier is geskrewe ry-vir-ry aanwysings met of sonder foto's, om hierdie plesierige kombers te hekel. Ek het 193 steke gehekel, en dit pas op my dubbelbed, maar sonder oorhang. Die aanwysings is duidelik, en meestal maklik. Lees dit net baie mooi. Ek het nie die patroon op die letter gevolg nie, net naastenby, en aangehou totdat die kombers so lank soos ek is. Die enigste wenke wat ek het is:

1) Tel na elke patroonry jou steke, sodat jy dit kan regmaak. Ek het in die half-langbeen of langbeenrye vermeerder of verminder as dit nodig was.
2) Maak seker dat jou bobbeltjies aan dieselfde kant is, deur 'n ekstra ry langbene of half-langbene as dit nodig is.
3) Vir die Catherine Wheel moet jou spanning baie los wees. Ek het in my later rye daarvan ook dan oorgeslaan na 'n nr 5 hekelpen.
4) Werk soveel moontlik wolletjies in soos jy aangaan, anders gaan dit ure neem na die tyd. Ek het 'n omvou rand gedoen, wat die wolletjies wegsteek, soos Little Woollie. Dis 'n paar rye kortbene, wat omgevou en vasgewerk word. Dit lyk heel netjies:






 

Is dit nie mooi nie? Op Ravelry is daar ook 'n skakel na die patroon, en jy kan na ander komberse ook kyk. Is jy ook lus om een te hekel? Laat weet my, en ook as jy reeds deur die gogga gebyt is. Ek sal graag joune wil sien.



 

Groete van huis tot huis!

23 Jul. 2014

Sakke vol plesier, en 'n hasie

Ek was lanklaas hier, ek weet. Maar onthou ek het lank terug vertel ek hiberneer? Dis wat ek maar elke winter doen. My Brombeer is terug van Praag af, en dis so lekker om weer snags 'n groot, knus lyf langs my te he.  My hart was die laaste paar maande stil, maar my hande besig. As jy wonder waarheen ek maande aaneen verdwyn, ek sit in 'n sonkol,



en  knutsel.


 Hierdie hasie 


 


het haar rokke ingepak


 


en by  drie-jarige Mia gaan bly. 


Hasie, hoekom is jou stert so kort?




Baie ordentlik, met wit onderklere: 


 Vir oulaas het sy geposeer vir foto's:







Ek mis haar vriendelike baldadigheid op my tafel, maar sy het 'n klein hartjie baie bly gemaak. 


Mia se groot sussie, Carli, het 'n handsakkie gekry:



 Vriendin Melanie het ook een gekry, vir haar Europese reis, omdat myne vir my so handig was:


 


met sakkies vir alles en nog wat





 'n geruite voering,



 en 'n lang band sodat sy dit skuins oor die lyf kan dra.



 Dit was vir my so lekker om die handsakke te hekel, nog 'n dogtertjie het een as verjaardaggeskenk gekry.






met die uiltjie-motief waarvan ek so baie hou:


 


'n Vriendelike pienk knoop





 'n vrolike kolletjies voering.


en 'n bont band.



 

Ek maak die handsakkies van ouma-blokkies, sonder 'n patroon. Die motief vir Melanie se handsak het ek op Pinterest gesien, maar die skakel na die patroon werk nie, so ek het maar net van die foto af gehekel. Die hasie is ook 'n verbeeldingsvrug.

Natuurlik is dit nie die einde nie. Volgende keer vertel ek julle meer hiervan,



maar vir vandag is my storie eers uit. Groete van huis tot huis!

15 Feb. 2014

Vandat ek laas hier was/ Since last time

Ons het by my Brombeer in Praag gaan kuier.     
We visited Mr Grumpy Bear in Prague.
Ek het potte kos gemaak.                                            
I cooked.
Ek het nuwe resepte probeer.                                  
I tried new recipes.
Ek het boeke gelees.                                                    
I read books.
Ek het flieks gekyk.                                                 
I watched movies.
Ek het musiek geluister.                                           
I listened to music.
Ek het wasgoed gewas.                                                
I did laundry.
Ek het afgestof.                                                        
I dusted.
Ek het geskryf.                                                              
I wrote.
Ek het goed reggepak.                                             
 I tidied closets and drawers.
Ek het televisie gekyk.                                                  
I watched TV.
Ek het potte tee gedrink.                                          
I drank tea.
Ek het koek gebak.                                                        
I baked cakes.
Ek het koek geëet.                                                         
I ate cake.
Ek het kruideniersware gekoop.                                    
I did grocery shopping.
Ek het met Pablo gespeel.                                             
I played with Pablo.
Ek het Mei-Mei geliefie.                                               
I cuddled Mei-Mei
Ek het gesels.                                  
I chatted.
Ek het Blogs gelees.                                                      
I read Blogs.
Ek het foto's op Pinterest gekyk.                                  
I looked at Pinterest.
Ek het foto's op Pinterest geplak.                                 
I pinned on Pinterest.
Ek het gedigte gelees.                                                   
I read poetry.
Ek het na die sterre gekyk.                                           
I looked at the stars.
Ek het rose geruik.                                                       
I smelled roses.
Ek het tuin natgemaak.                                                
I watered the garden.
Ek het lysies gemaak.                                              
I made lists.
Ek het my man verwelkom.                                  
 I welcomed my husband back.
Ek het my man weer afgesien.                                    
I said goodbye again.
Ek het nog 'n klomp dingetjies gedoen.                    
I did a lot of little things.
Maar dis nie hoekom jy hier is nie.                             
But that's not why you are here.
Jy  wonder wat het ek alles geknutsel.                         
You wonder what I crafted.

Hier is my laaste projekte:                                          Have a look at my latest projects:


My pasella ma het in laasjaar 'n kombersie gevra, en ek het dit so tussen ander projekte gehekel. Ek het die inspirasie hier gekry.

My mother in law wanted a blanket, and I crocheted it between other projects. I got my inspiration here.





Ek en Pasella Ma het saam die kleure gekies, sodat dit by haar kamer pas, én my nie verveel nie. Dit was vir my so lekker om dit te hekel, dat ek nou besig is om (nog) een vir my eie bed ook te hekel.

We chose the colors together to match her bedroom, and to keep me from getting bored. i enjoyed it so much, I decided to start on (another) one for my own bedroom.

Ek weet nie of julle die sakke wat ek hier, hier en hier gewys het, onthou nie. 'n Vriendin het verjaar, en ek was lankal lus om iets soos hierdie te maak.  Die patroon vir die handvatsel het ek hier gekry.

Do you remember the bags I made here, here and here?  I always wanted to make something like this, so I crocheted it for a friend's birthday.You can find the pattern for the handles here





Ek het van die dik katoengare gebruik vir die sak, en 4 draad vir die blommetjies.

I used DK cotton for the bag, and 4ply for the flowers.



 
Ek het laasjaar babagoed gewys wat ek vir Pasella Sus se kleinkind gehekel het. Hier is my neef se tweeling se goedjies:

 I made these for my cousin's twins: 



En om dankie te sê dat ek Daisy by Belinda kon leen om die skoene te pas (Amy het lapvoete) het sy ook skoene en 'n hoed gekry.

And to thank Belinda for lending Daisy to me to be my shoe model, I made her this:





Groete van my huis tot joune!

 Greetings from my home to yours!



09 Nov. 2013

Hier's ek weer, hier's ek weer / It's me again

Ek wonder of iemand agter gekom het hoe lank ek weg was. Dis 'n laaaang storie. Maar ek sal julle nie daarmee verveel nie. Ek is weer hard aan die werskaf. My Brombeer is terug Praag toe (hopenlik gaan kuier ek en my seuna binnekort) en daar het 'n stilte op die huis neergedaal. As dit nie vir my wolwerke en leesstof was nie, het ek nou in sak en as gesit.
 Ek mis 'n lyf langs my in die bed. Ek mis iemand om 'n grappie mee te deel. Ek mis die perfekte koppie koffie in die oggend, en die perfekte G&T in die aand. Ek mis die skoot waarop my voete lê voor die TV. Ek mis groen vingers in die tuin, en die waardering vir my kos. Ek mis 'n duisend klein goedjies wat my Brombeer my maat, my geliefde, my spesiale persoon maak.
Maar die lewe moet aangaan. Die tuin word nog steeds droog, ek en Seuna moet ook eet, ons het nog steeds wasgoed, die diertjies soek nog steeds kos en kosvoorade word nie meer vanself aangevul nie.
 O ja, en daar is wolneste om te ontrafel,

I wonder if anybody noticed how long I've been gone. It's a long story. i won't bore you with it. But I am on the go again. Mr Grumpy Bear went back to Prague (we hope to visit him soon), and the house is quiet. If I didn't have my woolly crafts, or my books, I wouldn't be this chirper.
Because I miss a body next to me in our bed. I miss someone to share a joke with. I miss a perfect cup of morning coffee and a even more perfect sundown G&T. I miss a lap for my feet when I lie on the couch watching TV. I miss green fingers tending our garden, and great appreciation for my food. I miss a thousand little things which make my Grumpy Bear my companion, my lover, my special person.
But life goes on. The garden still gets thirsty in our blazing South African sun. My sweet son and I still needs to eat. There's still laundry to do, and pets needing feeding.  Our food supply doesn't magically replensish itself now. 
And there is tangles of wool to unravel,



 

en koeke wat soebat om gebak te word.

and cakes begging to be baked.



Daar is komberse wat klaar gehekel moet word,

There's blankets asking to be finished,


en nog 'n Tree of Life in wording.

and another growing  Tree of Life.


Daar is boeke wat wag om gelees te word, en liewe groot kinders en vriendinne wat kom kuier. En as ek te veel verlang, maak ek 'n koppie tee, en gaan soek hom aan die ander kant van die kuberruim, waar hy besig is om ons daaglikse brood te verdien.

There's books waiting to be read, lovely grown-up children, and wonderful friends coming to visit.
If I miss my sweetheart too much, I can make myself a cup of tea, and look for him in cyberspace, where he is busy making our living.

Groete van huis tot huis, soos altyd!

Warm greetings from my home to yours, as always.

20 Sep. 2013

Vyf en Twintigste Herdenking/ Twenty Fith Anniversary

 3 September 1988




Ek het te veel om te sê oor vyf en twintig jaar se getroud wees. Daarom deel ek vandag een van my gusteling gedigte, wat vir my nogal gepas is, na 'n kwart eeu saam. Lees maar die Engelse een ook, dis ewe mooi, en so beskrywend. Die gedig is in my ou "Mooiste Afrikaanse Liefdes Verse" maar ek het dit ook hier gekry.

Vrae

En was ek ‘n boek, verslete
sal jy nog soms ingedagte
blaai deur die strofes
van my bestaan,
verbrokkelende beelde herroep,
vergete verwysings na jouself
tussen die verkreukelde blaaie soek
of ‘n vers dalk weer lees
omdat dit sin gemaak het tóé?
Sal jy hoor hoe ek bekend
ritsel onder die liefkosings van jou hande?

Van die baie blaai
sal ek plek-plek
sommer vanself oopval,
my vir jou oopvou
teen die lig.

Johann de Lange


I have too much to say about a marriage of twenty five years, so I chose a beautiful poem to share with you.



 


A Kiss in the Dark

By Linda Chase

She has thickened around the middle
like a successful custard
on a wooden spoon.
Her face had grown square, strong.

Her legs are sturdy with veins
showing at the backs of her calves
Firm, muscular thighs fold slightly
Over her knees when she stands.

Skin blemishes, of course,
and bloating around the eyelids.
Her breasts begin to swell
halfway down her chest.

She won’t let her upper arms show
and wears sleeves even when it’s hot.
A well chosen standing collar
detracts from her throat.

She loves you, nevertheless.
At arms length, she ventures
A first caress in the dark
Will you go on from there?