27 Aug. 2011

Die Vrouemonument

en die Anglo-Boereoorlogmuseum het 'n baie diep indruk op my gemaak. Terwyl ek " 'n Dag in Junie" geskryf het, het ek alles gelees wat ek oor die verwoestende oorlog kon kry, maar om dit te sien, het my ontroer en met 'n diepe dankbaarheid gelaat vir die vrede en vryheid waarin ons tans leef.


President Steyn
deur Jan F. E. Celliers

Dis skoon vir 'n held om te val
aan die voete van wie hy gedien het
skoon vir sy skeidende gees
dat moeders die laaste mog wees
wat sy sterwende oog gesien het

Maak hom 'n graf op die grond
wat sy liefde gewei en geseën het:
dis skoon vir 'n held om te rus
by die voete van wie hy beween het.

President M.T. Steyn, president van die republiek van die Vrystaat, het hom beywer om die Vrouemonument op te rig as nagedagtenis en eerbetoon aan die vele vrou en kinders wat gedurende die Anglo-Boereoorlog
gesterf het. Hy is skielik oorlede op 28 November 1916 hy die dames van die Oranje Vroueveging toegespreek het. Heel gepas is hy dan ook begrawe aan die voete van die vrouemonument.



Geen opmerkings nie: