22 Aug. 2011

Ek was nie te besig nie,

net so effens lui. Laasweek se onverwagse koue het my laat soek na sonkolle, boeke en naaldwerk. Die beste van twee werelde is natuurlik as ek kan lees terwyl ek naaldwerk doen.


Nee, ek kan nie rerig die twee gelyk doen nie (maar my liewe moeder kan brei en lees gelyk, ek belowe, ek het dit baie met my eie oe aanskou). Wat ek kan doen is om audio boeke van die internet af te laai, en dan na voorlesings te luister terwyl ek na hartelus borduur, of kook, of huisskoonmaak. My gunsteling webwerf hiervoor is www.librivox.com As iemand gewonder het, dis waarmee ek die afgelope tyd besig was. Die handwerk wat ek gedoen het sal weldra onthul word.

Geen opmerkings nie: