20 Mrt. 2012

Eendag op 'n reendag


 Laasweek het die Liewe Heer dit goedgedink  om vir my 'n afdag te gee. Donderdag is mos wasdag hier by my, en toe reën dit! Ek het 'n tuimeldroeër ('n oue; het hom gekoop net voor my noointjieskind se geboorte) maar ek gebruik dit net wanneer dit nie anders kan nie. 'n Goeie vriendin het onlangs 'n ouma geword, toe trek ek my wolmandjie nader, en hekel en hekel en brei, die hele Donderdagmiddag om, en sommer Vrydagoggend ook.



 Hierdie foto's is nie vreeslik mooi nie, dis met my selfoon-kamera geneem, maar julle kan darem 'n idee kry. Die mussies lyk baie klein, maar dis vir 'n slinternuwe babatjie.



 'n Ligpienke met 'n strik

 'n Liggroene met 'n gelukkige geel blom en 'n oorgtrekte knoop;

En een in kuikentjie-geel met 'n yslike blom.


Die model vir hierdie foto's is Amy, my pragtige porselein baba-pop. Ja, ek is 'n ou poplap wat nog popspeel, en ek is nie skaam om dit te noem nie. 

Dit was 'n absolute plesier om hierdie mussies te knutsel, en ek is baie bly ek het nog baie dogtertjies in my lewe van alle ouderdomme, sodat ek nog 'n paar kan maak.

Geen opmerkings nie: