14 Apr. 2012

Ek was besig besig besig

♩ ♪ ♫ ♬ ek was  vreeslik, vreeslik besig, ek was besig besig besig om te werk♩ ♪ ♫ ♬...


Onthou julle nog die liedjie oor die mier wat ons gesing het toe ons klein was? Ek was só bedrywing, maar nie soos julle miskien sou dink met my stoflap en besem, of my koekroller en panne, of selfs met my stapels boeke en penne en rekenaar nie. Ek was besig met my gunsteling penne, my hekelpenne! Ek het 'n hele tuin gehekel, sommer net omdat ek beter is met wol blomme as met regte blomme, en my siel het 'n behoefte gehad aan iets fleurigs. 




 

  Hierdie klein ou blommetjies is so vinnig, jy kan 'n hele bedding vol maak terwyl jy 7de laan se kyk.




Hierdie groei teen iets wat ek binnekort sal onthul.


En geen blomtuin is volledig sonder 'n voëltjie nie! Dié outjie het hartjie vlerkies, maar my kamera vaardighede laat veel te wense oor. 

Net voordat julle dink ek speel net, hier is iets deusaam ook. Ek het hierdie vervelige bruinerige ou t-hemp, wat perfek by een van my gunsteling rompe pas:


Sien, totaal oninspirerend. En die hals is heeltemal te laag. My skugter boesem moet wegkruip vir al wat dit werd is as ek dit aan het. Toe bedink ek 'n plan. 


 

Dis sommer vinnig om die kragie te hekel, en ek het 'n ou knoop met die selfde gare toegehekel. Nou moet ek dit nog net vaswerk, dan het ek 'n nuwe uitrusting.
  

So gesê, so gedoen. Ek sal binnekort die kat uit die sak laat oor sommige van die boonste blomme.

2 opmerkings:

Esther het gesê...

sincerrAangename kennis Santie! Ek kom toe op jou af want ek soek die liedjie ek is 'n mier en ek is besig... Jy is 'n handige "girl" so met die blommetjies.
Dalk moet ek dit ook probeer want ek in nou nie eintlik Eva se dogter nie - ek gril vir grond tussen my naels en vingers. Maar jou blommetjies is pragtig. hou gerus aan hekel en skryf... en volgende keer: sit vir ons die blom hekelpatroontjie by.
Liefde en vrede.
Esther

Santie het gesê...

Bly om jou te ontmoet, Esther! Ek sal degnitief 'n paar blommetjie patrone opsit, en skakels na blogs waar jy nog meer kan kry. Hoop jy't toe die liedjie van die mier gekry!