2013/02/06

Rus en Vrede/ Peace and Rest

Ek het verlede Donderdag en vanoggend heerlik agter my masjien gesit om nuwe rokke te maak vir my trekkende stoele (trekkend omdat hulle van kamer tot kamer skuif), terwyl ek na 'n luisterboek luister. Julle weet mos dis vir my die beste van twee wêrlede- stories en knutselry.

Last Thursday, and yesterday morning, I spend some time with my sewing machine. I made new dresses for my wandering chairs
(wandering because they move from room to room, to accommodate my whims). While I worked, I listened to an audio book. The best of two worlds, stories and crafting.


Die stoele is aangetrek om by my nuwe beddegoed te pas. Ek het die glip-oortreksels uit dennim gemaak, en dit maak agter met 'n guitige strik vas.
The slip covers matches my new bed cover.   I used white denim, and it ties at the back with a coy bow.


 Die blokkiesdeken is vir eers oor die buite-spaarkamer se bed. Ek het net deesdae 'n groter behoefde aan kalmte, en die deurgestikte deken is vir my baie mooi.

My granny square blanket moved to our outside guest room. Nowadays I am in serious need of calmness. I love the white quilt.



Dis ook makliker om te was, en word gouer droog. Die versreëls wat ek op die laslappiekussing borduur het, is uit 'n gedig van Emily Dickinson. Die gedig gaan eintlik oor die laaste rusplek, julle weet, die rusplek onder die lang bome, maar wie gee om. Dis vir my pragtig.

It is also easier to wash.  The embroidery i did on the patchwork pillow is from an Emily Dickinson poem. The poem is actually about the last place of rest, that final one, but who cares. It is beautiful words.

Iemand het kom inspeksie hou.

Somebody came for an inspection. 

 

Ek dink ek het geslaag. Miskien net net. Maar ek weet ook ek sal kombersies op die stoele moet sit, anders gaan ek die oortreksels elke week moet was. Want katte iis nie so skoon soos wat hulle dink hulle is nie. En ek hou van my witgoed, wel, wit.

I think I passed. By the skin of my teeth.I will have to put blankies on the chairs. I don't want to wash the covers every week. Cats are not as clean as they think. And I like my whites, well, white.


Van buite af het nog iemand gewens hy kan 'n bietjie op my wit bed lê. Ek wonder of hy sy kleintyd onthou.

Someone  watched from outside. I wonder if he still remembers his puppy dog days.



Toe kon hy nog af en toe die voorreg hê. Nou is hy te groot  en vuil en hy ruik soos 'n basset. Ons het hom buite lief.

He was sometimes allowed inside then. Now he is too big, and dirty, and he smells like a Basset. We love him outside.

Ek dwaal weer af. Hier is die hele prentjie.

But I do regress. Here's the whole picture.


Ek is tevrede. So jy wees?

I am perfectly happy. Would you be?









No comments: