26 Mrt. 2013

Intussen / Meanwhile

My Brombeer is (weer) oorsee, besig om my wolgeld  ons daaglikse brood te verdien. Ek verlang, en ek sukkel met goed soos 'n studente-kar wat breek en besproeiingspypies, en luise op die rose, weghol-tamatieplante wat goed soek om teen op te rank, modems wat oppak, en 'n leë plek agter my rug snags.

Mr Grumpy Bear is busy earning money for our daily wool  bread on the other side of the world, and I am alone again. I miss him terribly, and struggle with mundane things like my son's temperamental car, broken irrigation pipes, pests on my roses, runaway tomato vines, busted modems, and an empty place behind my back at night.

Maar ek het my 'big girl panties' aangetrek, en ek doen wat ek moet doen, sonder 'n geween en 'n gekners van tande. Stefan help waar hy kan, maar hy moet gewoonlik douvoordag uit, en kom laat terug, en leer tot hy skuinslê.

But I pulled up my big girl panties, and I do what I have to do when it must be done. Stefan helps a lot, but normally he is out at daybreak, and back late, and studying like mad.

Ek tel die slapies (daar nou minder as twee weke oor, seker so ses verby) totdat my Brombeer vir 'n wekei huistoekom, voordat hy aanbeweeg na die volgende projek, in die volgende land, en intussen knutsel ek voort.

Mr Grumpybear wil be home next weekend, for a week, and then he will be on his merry way again to yet another foreign country. I get crafty to keep my sanity.

Ek het vir 'n vriendin vir haar verjaardag 'n jassie gehekel, van die sagste sagste gare Serena Bamboo. Dis 'n vreeslike maklike patroon wat ek hier gekry het, en dit het heel vinnig gegaan.

I made this coat for a friend, using the softest Bamboo yarn, and this pattern. The pattern is as easy as pie.



My aantrekpop het ongelukkig nie arms om te lig sodat julle die wye moue kan sien nie. 
 
 Unfortunately my manikin can't show you the lovely wide sleeves, because se has no arms!

Die patroon is vir 'n baadjie- lengte, maar toe ek weer sien, was dit so lank soos 'n jas. 

The pattern s for a medium length jacket, but I just kept on crocheting and it became a coat. 
Ek raak nogal meegevoer, veral as ek lekker stories het om te kyk. Onthou julle Little House on the Prairie? Ek het vir my die DVD's aangeskaf om lang eensame aande te besweer, so ek hekel en kyk heerlik, en as ek weer sien is 'n baadjie 'n jas.

I get a bit carried away when I'm watching lovely stories like Little House on the Prairy. I bought the DVD's to help me survive all the long, lonely evenings without the love of my life.


Ek het aan nog 'n geskenk gewerk, maar ek kan nie te veel wys sonder om die aap uit die mou te laat nie.

I worked on another gift, but I can't show too much without letting the cat out of the bag.



Dit is deur my kontrolebestuurder goedgekeer.
It has my quality control managers' approval!


Verder het ek 'n stapel allermooiste vatlappies gehekel.
I also crocheted a pile of potholders.



Dit was vir my so lekker ek het net aangehou en aangehou, so daar is baie persentjies wat wag vir die regte persoon op die regte tyd.

I enjoyed it so much, I just kept going, and now I have a lot of presents waiting.




Hierdie is my gunsteling patroon en dié is vir my die mooiste kleurkombinasie.

This is my favourite pattern, in the colours I like most.



 Om die waarheid te sê, die kleure was vir my so mooi saam, dat ek lus was om nog iets daarmee te doen, en ek dink toe aan die kleure in hierdie kussing.
I loved the colours so much, I wanted to do something else with some of it, so I thought about the colours in this pillow.


En een ding lei tot 'n ander

One thing leads to another

 

en toe ek weer sien, 
and before I knew it

het ek 'n nuwe blokkieskombers begin! 
I started on a new granny square blanket!



Fluit fluit, my storie vir vandag is uit.


5 opmerkings:

Marilyn het gesê...

hello...thank you for your comment. Elaine was right and I'm on my way to making the doily. You look like you have been busy...hope your man makes it home soon and you can enjoy him while you have him. :)

Elsa het gesê...

Pas jou blog ontdek, en wat 'n vreugde om dit te lees!

Santie het gesê...

Dis altyd lekker om 'n geesgenoot te ontmoet, Elsa!

Annette het gesê...

Dit is lieflik Santie. Ek lees graag jou blog en verlustig my aan al die artikels wat jy maak

Santie het gesê...

Dankie Annette- dis lekker om te weet!