30 Mei 2013

Charles Brug/ Charles Bridge


Die vervelige Feite

Charles Brug is 'n beroemde historiese brug oor die Vlatava rivier. Konstruksie is in 1357 begin, gedurende die bewind van Koning Charles IV, en is in die begin van die 15de eeu voltooi. Tot 1841 was dit die enigste verbintenis tussen die Praag Kasteel en die Ou Dorp en aangrensende gebiede. Dit is oorspronklik "Stone Bridge of Praag Brug" genoem, maar is herdoop na Charles Brug in 1870.

Die brug is 621 meter lank, en amper 10 meter wyd. Dit rus op 16 boë, en is beskerm deur 3 torings. Die Ou Dorp brug toring word beskou as een van die verstommendste gotiese strukture ter wereld. 'n gelid van 30 beelde versier die brug. Die beelde is in barok- styl, en is oorspronklik om en by 1700 opgerig, maar dit is sederdien vervang met replika's.

The Boring Facts

 Charles Bridge is a famous historic bridge that crosses the Vlatva River in Prague. Its construction started in 1357 under the auspices of King Charles IV, and finished in the beginning of the 15th century. As the only means of crossing the river Vltava  until 1841, the Charles Bridge was the most important connection between Prague castle and the city's Old Town and adjacent areas. The bridge was originally called the Stone Bridge  or the Prague Bridge  but has been the "Charles Bridge" since 1870.
The bridge is 621 meters long and nearly 10 meters wide, resting on 16 arches shielded by ice guards. It is protected by three bridge towers. The Old Town bridge tower is often considered to be one of the most astonishing civil gothic-style buildings in the world.
The bridge is decorated by a continuous alley of 30 statues, most of them baroque-style, originally erected around 1700 but now all replaced by replicas.







Die beskilderde koepeldak van een van die ingange.

The painted vaulted ceiling of the entrance




En my eie Waarneming

 As ek in dit in my eie woorde moet beskryf vertel ek van hordes toeriste, van musikante, van kusntenaars en aandenkings stalletjies, en dat die brug 'n hartklop van sy eie het.  En vertel ek van die alomteenwoordige asemrowendheid van die stad waaroor jy op enige gegewe punt van die brug uitkyk.
Die beelde vertel stories van Heiliges, maar vir my is dit simbole van ongelooflike toegewyde en talentvolle vervloë kunstenaars. Dis 'n sprokies- brug, en ek is seker dat as ek in misweer daaroor sou stap sou ek in 'n towerwereld anderkant instap.

And my own Reflection

In my own words I will tell you about masses of tourists, about musicians, about artists and small curio stalls. I will tell you that the bridge has its very own heart beat, and that it offers marvellous views of the breathtaking city. The statues tell stories of saints and religion, but it speaks to me about unbelievably talented and devoted artists of yesteryear.  It is a magical bridge, and I am sure that, if I would cross it on a misty day, I will find myself in an enchanting other world.

 Massas Mense

Hordes of people


 Musikante

Musicians





Die waterwiel is nog in werkende toestad, hoewel dit al vir jare nie meer graan maal nie.

The water wheel is still functional, though it hasn't milled grain for years.





Die opsigter van die wiel.

The watchman of the wheel.


Die ry plastiekpikkewyne buite die moderne kunsmeuseum is saans liggies, en vorm so 'n duidelike kontras met die sober, ernstige grys beelde dat dit nie anders kon as om my te laat glimlag nie.

The row of yellow penguins that lights up at night, outside the museum of modern art, is such a contrast to the stern, grey statues it made me smile.

Op 'n ernstiger noot, hier is 'n paar van die beelde:

On a more serious note, here are a few of the statues:











Volgende keer : In die middel van die ou stad

Coming up: The centre of Old City



.

Geen opmerkings nie: