06 Jun. 2013

'n Dag voordat ek moet afskeid neem / A day before I must leave

So stap die tyd. Dit voel soos gister wat ek hier aangekom het, en nou moet ek weer my pienk tas pak.

Die laaste amper twee weke was vir my so 'n bietjie van 'n beproewing, want ek het 'n spierspasma in my nek gekry, en een onder my blad, so ek kon vir 'n ruk nie my nek draai of my regterarm oplig nie.  Ek het alles in my arsenaal pille probeer, en niks wou help nie. Dit was koud en nat en ek het nie kans gesien om in rye by 'n vreemde hospitaal te gaan sit en wag vir 'n dokter nie. Einde ten laaste het my Brombeer by 'n apteek iets gaan vra, en toe pille gekry wat gehelp het. Ook goed, want ek was teen daardie tyd op moedverloor se vlakte! Die ergste is oor, en ek kan weer my nek beweeg(net nie af nie) en my arm gebruik (net nie vir lank nie). Maar ja, nou weet julle waarom ek so ontrou was met my Bloggery! Gelukkig kon ek na hartelus lees- met Brombeer se e- reader, en 'n wêreld se boeke net 'n druk van 'n knoppie ver. Ek dink ek het so sewe boeke gelees...

Intussen het Praag  omtrent weggespoel. Dit het meer as 'n week lank onophoudelik gereën, en teen die naweek is 'n noodtoestand aangekondig. In sekere dele is geboue ontruim, en van die stasies was onder water.
 

Time flies. It feels like yesterday when I came, and now I have to pack my pink suitcase again.

The last two weeks were a bit of a trial for me- I had a neck spasm, and one beneath my right shoulder blade. I couldn't move my neck, or lift my right arm, and was in excruciating pain. I tried everything I brought with me but nothing helped. Finally Mr Grumpy Bear went to a pharmacy, and came back with pills that worked. The pain isn't completely gone, but I can move my head (just not down) and lift my arm (just not for too long). 
Now you know why I neglected my Blog. Fortunately I had Mr Grumpy's e-reader, and a world of books at my finger tips. I could read to my hearts content.
While I was moaning and groaning and reading, it rained. And rained. And rained. The mighty Vltava overflowed, some buildings had to be evacuated, and metro stations were flooded. A state of emergency was announced. 


 Kyk na die brug hier regs op die foto, en hoe naby die water aan die bokant is.

If you look at the bridge on the right, you can see how high the river rised.


Hierdie lampaal staan langs 'n stappaadjie langs die rivier.

This is a street lamp beside a little path along the river.


Maar genoeg van vloede en pyne. Hier is sommer 'n paar foto's. Ek sal my beloofde stories oor die Ou Dorp, Kutna Hora ens. klaar skryf sodra ek terug by die huis is, en lank genoeg agter my rekenaar kan sit om dit ordentlik te doen.

Enough about pains and floods. Here are a few random pictures. I will do the posts about Old Town, Kutna Hora etc. as soon as I am settled home, and when I can sit and write for a while.


 In die middel van die Ou Dorp
The Middle of Old Town


 Sommer 'n straatjie

 Just an alley

 'n Geskilderde gebou

A painted bulding

 'n Beeld in 'n kerktuin

A statue in a church garden


Sommer 'n mooi ou gebou

Just a lovely old building

So dis dan my laaste storietjie uit Praag. Ek voel so effens hartseer om te gaan, maar sien uit om weer by my huis en kinders en diertjies te wees (en naby my dokter). Dink aan my more- nag as jy wakker word om 'n draai te loop of water te drink of as jy sommer net wakker is. Dis 'n lang vlug terug.

So this is it, my last post from Prague. I feel a bit sad to leave, but I look forward to be home again with my children and pets. Think of me if you wake up in the middle of tommorrow night. It's a long flight home.

1 opmerking:

Anoniem het gesê...

3:10am hier, dink aan jou ;) Bly jyt als geniet en jul kan huis toe kom veilig! X

Maritza