30 Aug. 2013

Dis die einde van Augustus

en ek het vanoggend besef dat ek hierdie maand nog gladnie hier gekuier het nie! Julle dink seker al ek het nou my hande aan die saligheid belowe...

It's the end of August and I realised haven't posted in a while. You must think I have finally found a cure for my restless hands...

 Hier's Belinda met haar handsakkie wat ek vir haar verjaardag in Junie gehekel het. Geen patroon nie, net verbeelding. Die foto's is nie baie duidelik nie, maar ek sal ander neem sodra ek haar weer sien:

Here's pretty Belinda with the little handbag I crocheted for her birthday in June. No pattern, just amagination. The pictures are lousy, but I will take some more when I see her again:





 'n Sirkelserp wat ek met 'n mooi bol wol uit my argiewe gehekel het. Dis intussen weer losgetrek, want ek voel te benoud met dit aan, so ek het 'n doodgewone serp gehekel, maar dis te smal, so ek gaan dit oordoen. (Ek het nie 'n patroon gebruik nie.)

A cowl I hooked with a lovely ball of wool in my stash. It didn't feel right, so I made it into a normal scarve, but now it's not wide enough, so it waits patiently to be unraveled again. (No pattern).


Die baadjie wat ek in Praag begin het, is 'n staatmaker in my kas. Ek het hierdie patroon gebruik, en net 'n blomrandjie aan die voorpante aangesit.

The jacket I strated in Prague is a favourite. I used this pattern, and just added a border on the front.

 

Hier is 'n selfoonsakkie wat ek vir vriendin Tianca gehekel het. Ek moet vir myself ook een maak, myne is altyd soek. Ek het die foto geneem voordat ek die knopie aangewerk het :(

A bag for friend Tianca's Blackberry. I need to make myself one too, my phone is always missing. I took the picture before I added the button :(

 


Ek het vir my pasella-ma 'n mussie gehekel. Sy wou nie 'n blom daarop hê nie, maar ek kon dit nie oor my hart kry om so 'n sober mussie vir haar te gee nie, toe maak ek 'n blomspeld wat sy kan opsit of afhaal soos sy lus kry. Ek het 'n patroon gebruik wat ek gewoonlik vir 'n babamussiegebruik, met net dik wol, en baie dik hekelpen. Laat my weet as jy 'n patroon soek, ek het nie nou die skakle byderhand nie, maar ek sal in my argiewe delf.

I made my mother in law a cap. She didin't want a flower on it, but my frivolous heart couldn't resist. So made a flower pin, so she can use it or leave it. I used a baby-beanie patterns, but used chunky yarn and a big hook. I don't have a link for the pattern handy, but if you need a  pattern, let me know, I will try to find it.




Ek is altyd lus vir brei in die winter, en hierdie patroon was vir my so mooi. Toe brei ek vir vriendin Maraai twee kussings. Ek het materiaal agterkante gemaak, maar dit het nie vir my mooi gelyk nie, toe brei ek die agterkante ook. hulle moet nog klaargemaak word, dan wys ek meer.

I love to knit in Winter, and I loved this pattern. I knitted friend Marietjie two pillows.  I backed it with fabric, but it didn't look right, so I kintted the backs as well. They are not quite finished yet, but I will post the finished product too.


 En laaste maar nie die minste nie- hier is 'n baldadige hasie oor wie ek nog nie meer kan sê nie. Haar storie en dit wat saam met haar gaan, volgende keer!

And last but not least, I made a happy bouncy bunny, but I can't say more about her now. I will leave her and what goes with her, for next time.


Windverwaaide groete van huis tot huis, tot volgende keer!

Windblown greetings from my home to yours, till next time!












Geen opmerkings nie: