21 Nov. 2018

'n Perfek geleë hertogdom

My seuna het vir ses maande in Luxemburg gewoon en gewerk, net lank genoeg dat ons nog by hom kon gaan kuier voordat hy teruggetrek het hierheen. Ek is bly hy het 'n goeie ervaring gehad daar in die vreemde, maar ek is baie bly hy is terug.

Luxemburg is 'n beeldskone klein landjie, knus tussen België, Duitsland en Frankryk. Die inwonders praat Duits, Frans en Luxemborgies. Ek was net 'n paar dae daar, so ek kan nie veel sê nie, maar ek het die mense hoflik en geduldig gevind, en daar is 'n rustige vreedsaamheid wat my bekoor, maar wat dalk dié wat opwinding soek, sal verveel.

Luxemburgstad 

Die stad is soos die meeste wêreldstede 'n vermenging van nuut en oud. Die ou deel is deurdrenk duer geskiedenis en die geboue is baie kenmerkend- swart dakke en natuurlike kleure, netjies en statig. 
















Vianden

Ons is vir 'n daguitstappie Vianden toe. Die pad wat ons gery het was op 'n paar plekke senutergend- ons het onder andere deur 'n woud gery op 'n smal paadjie met presies genoeg spasie vir een voertuig. Wat 'n mens doen as daar 'n kar uit die ander rigtig kom weet ek nie. Daar is geen plek om pad te gee nie, die bome is aan weerskante is te naby. Maar ons was blykbaar stoksielalleen op daardie pad. En toe kom ons op die juweel af:



Die dorp lê in 'n vallei langs die rivier.





Ons is met kabelstoele (is dit 'n woord? Dis letterlik twee stoele wat aan 'n kabel opkatrol word) op 


 oor die rivier, oor die hoofweg.

 
                                                                          Op op



na die kasteel. 

 

Ek was beangs, en het met bewerige bene bo afgeklim. Maar dit was die benoudheid werd, want die uitsig van bo af is asemrowend. Ons het daar bo iets geëet en is weer af. Dit was minder skrikwekkend. Veral toe 'n vrou met haar groot hond doodluiters by ons verby ry. Nie die vrou of die hond was bang nie. Hulle het dit duidelik al voorheen gedoen.  Ons het nie 'n foto geneem, nie, want nie ek of my beer is dapper genoeg om onnodig oor te leun nie. 



Ek het eers later gelees daar is 'n museum met geskrifte van Victor Hugo (die skrywer van onder andere Les Miserable en The hunchback of Notre Dame). 

En hier is foto's van my en my beer, ons van ons drie met die pragtige dorpie in die agtergrond.




Image may contain: 3 people, including Stefan van der Merwe and Santie van der Merwe, people smiling, eyeglasses, closeup and outdoor


So as jy nog nie daar was nie, weet jy nou hoe lyk die allerlieflike Luxemburg. Van hier af neem ek julle saam na die stad van liefde. Groete van huis tot huis.







 




Geen opmerkings nie: