22 Okt. 2011

Ek is so effens onwillig




Om van al hierdie liefies afskeid te neem. Maar soos alle goeie dinge is die projek ook besig om ten einde te loop.

"Ahem" hoor ek iemand keel skoonmaak. "Wat dan van die trourok? Het jy nie oor 'n bietjie meer as 'n maand 'n groot okasie nie?"
Toemaar wees nie bevrees nie, die rok is gesny, en wag langs my naaimasjien. 'n Mens kan tog nie van stikwerk en afstof alleen lewe nie.



Ek moet net vir Oupatjie Uil,




die vrolike geel vinkie, 

                                                                  


'n perfekte ryp aarbei,

                                                                      

'n pienk magrietjie


En allerande ander wonderlike gare-goed wat vanself van my hekelnaald afgeval het op hulle regte plekke vaswerk. Sien julle die appel, die peer, die lemoen, die kolwyntjies, die hartjies... 'n Mens kan in een 7de Laan se tyd sommer 'n paar goedjies klaarkry:)


Ek sal vir julle die eindprodukte wys sodra ek klaar is daarmee. Ek is vreeslik lus om nog 'n paar goedjies te hekel, soos bv. 'n pienk varkie met vlerke (spesiaal vir my sus), 'n gans, 'n kuikentjie, en 'n koppie en piering. En natuurlik katjies- 'n swarte,'n gemmer,'n gryse...

En net voordat ek vanaand groet: dis hoe my matriekkind homself voorberei vir sy eindeksamen. 

(foto geplaas met toestemming van genoemde matriekleerling.)






3 opmerkings:

Tianca het gesê...

Sjoe wat gaan jy met al die goedjies doen? Dit lyk so fraai!

Santie het gesê...

Tianca, dis vir Gerdi se Hartmark, dit kom op waslappe wat my ma van tou gebrei het. Daar gaan allerande oorspronklike handwerk wees. Sal vir jou die details stuur:)

Unknown het gesê...

Ek wens ek kon so hekel. Ek het iets soortgelyks gekoop en oorbelle daarvan gemaak. Jy koop net die findings, haak dit in, en jy het 'n nuwe paar hangoorbelle. Kan die blom groter maak as jy verkies. Dit is vreeslik mooi. As ek dit kon hekel het ek al lankal 'n paar vir elke dag van die jaar gehad :)