06 Okt. 2011

Net voor ek nesmaak


agter my masjien, en my lappe en gare en patrone en skêre en spelde en naalde en ander naaldwerkgoed die hele spaarkamer oorneem. Só lyk dit tussen masjienwerk-projekte:   






Ek het vanoggend die 'rok-voor-voor-die-trourok' gesny, sal nou- nou daarmee begin.

(Anzelle hulle se troue is om die draai, en ek maak die rok. Gelukkig wil sy 'n rok sonder fieterjasies hê!)

2 opmerkings:

Anoniem het gesê...

Dis mooi Santie. My ma het my trourok ook gemmak, jare gelede. Ek moes egter eers dreig om dit self te doen voordat sy ingewillig het. Hetta.

Santie het gesê...

Hetta, ek was maar benoud, maar ek het die rok voor die rok gemaak, en dit lyk heel mooi.Ons moet nog materiaal soek; my nooientjie het baie oorspronklike idees:)