16 Mei 2013

EK het julle Wene belowe/ I promised you Vienna

Enige iemand met 'n halwe brein sou maan dat 'n dag en 'n half in Wene te kort is. Dit was. Gelukkig het my Brombeer my 'n wals in Wene belowe, wat ek toe nie gekry het nie, so eendag sal ons teruggaan. Vir die wals. Eendag.

Wat kan ek sê van die stad van musiek, wat nie alreeds holrug gery is nie? Van die eerste blik op die magtige Donau was ek betower. Ja, ek weet ek bgin klink soos 'n opwen orreltjie. Dis oud, oud. En pragtig en anders as my geliefde Praag, verstáan ek Wene, want sy praat Duits.

Ons het nie veel foto's geneem nie, want dit het Saterdag katte en honde gereën. So mooi- die grys gereënde strate, met die bont sambrele.  Maar wag, hier is 'n paar foto's

Anybody with half a brain would warn me that a day and a half is not enough to spend in Vienna. It wasn't enough. Luckily Mr Grumpy Bear promised me a waltz in Vienna, and he didn't deliver. So some day he will have to take me back. One day.

I can't say anything about the city of music that hasn't been said before. But I have been enchanted from my first glimpse of the Donau. Yes. I am repeating myself. It's ancient. And Beautiful. But unlike my first love, Prague, I understand Vienna, because she speaks German. 

We didn't take many pictures. It rained on Saturday. So beautiful, wet grey streets, old grey buildings and splashes of coloured umbrellas. But here's some pictures:

Mozart


 Dis die Kunshistoriese Museum.

 The Museum of History and Art

Om die museum sit sulke cherubs

These little cherubs adorn the building




en iemand met 'n sin vir humor het dié een 'n glas in die hand gestop. Nou lyk hy ekstra vrolik! Sommige persone sal dalk daaroor frons, maar ek en my Brombeer het dit vreeslik snaaks gevind.



and someone with a sense of humour gave one a glass, Now he looks even merrier. It may be frowned upon by some, but we found it hilarious.
 Hier is die St Stephen's katedraal:

This is St Stephen's Cathedral:
 




 Daar was soveel mense. Ek het in 'n bank gaan sit terwyl Brombeer die foto's geneem het.

It was packed. I sat in a pew, while Mr Grumpy Bear took some pictures.

 
 Kyk die gekleurde vensters- anders as die prentjies vensters, is dié net gekleurde blokkies. Dis pragtig.


 Iemand het besluit om die beligting in die kerk ook met gekleurde gloeilampies te doen. Is daar nie genoeg prag en praal nie? Ek het nie van die bontspul gehou nie, en soos almal weet, deins ek selde weg van 'n paar blertse kleur.

Look at the pretty coloured windows- unlike the usual pictured windows, these are just squares of coloured glass. They are lovely.

Someone decided to use coloured globes for lighting. Isn't everything in there glamorous enough? I didn't like it, and everyone knows I am not scared of a little colour. But that may be just me...





Hier is die plek waar ons graag gestop het vir koffie- dis net om die hoek van die losieshuis waarin ons gebly het, en blykbaar een van die tipiese tradisionele Weense café's. Die kelners is hoflik, maar baie gereserveerd, en baie baie bekwaam. Die pryse is heel billik. Vir ontbyt het ons daar 'n saggekookte eier en twee varsgebakte broodjies met heuning/konfyt geëet. Die heerlike koffie word, soos hier in Praag ook, met 'n glasie water op die kant bedien. O so beskaafd.

This is the café where we caught our breath a few times. It is just around the corner from where we stayed. Apparently it is one of the traditional Café's. The waiters are competent, but reserved. The prices are fair, and the food and drink sublime. For breakfast we had soft boiled eggs, with freshly baked rolls, served with honey or jam. A small glass of water is served with the wonderful coffee. O so refined!




Nou mag daar van my lesers wees wat agter hulle hande sal proes, as ek sê hierdie was vir my amper 'n groter hoogtepunt as die Donau:

There may be readers who snicker when I say this was as exiting as the Donau. My first sighting of Yarn bombing!




Dis 'Yarn Bombing', en dis gepleeg in Mariahilfer, 'n straat vol wonderlike winkels. Om 'n lelike konstruksie stelasie te verfraai.

This yarn bomb was dropped in Mariahilfer Street, a wonderful shopping street, to prettify some scaffolding.




Vir diegene wat nie weet nie "Yarn Bombing" is 'n soort straat- kuns, soos graffiti, maar natuurlik minder permanent. Dit het in Nederland begin in 2004, en het sederdien soos 'n veldbrand oor die wêreld versprei. Aanvanlik is mense se oorbly brei en hekelwerk gebruik, maar deesdae owrd daar ook spesiaal vir die doel gebrei en gehekel. Ek vind dit plesierig en innoverend, en kan nie wag om self daaraan deel te neem nie. Gaan kyk bietjie hier as dit jou ook intereseer.

For those who are not familiar with the concept of  Yarn Bombing, it is a kind of street art, like graffiti, just less permanent. It was first reported in the Netherlands in 2004, but it took the world by storm. I find it happy and innovating, and I can't wait to take part in one. Go here if you are as fascinated as I am.

In my vorige inskrywing, het ek vertel van die fênsie hotel wat toe nie so fênsie was nie. Want in Wene het ons in 'n nederige losieshuis ingeboek, en was aangenaam verras. Dis binne in 'n ou gebou, maar heeltemal modern. K&T is spartaans gemeubileer, maar beskik oor alles wat nodig is om jou moë lyf te laat rus. Dis skoon en baie gerieflik. Om in en uit die gebou te beweeg het elke keer my asem weggeslaan. Want dit lyk so:

In my previous post I told you about the fancy hotel that wasn't as fancy as it pretended to be. In Vienna we booked into a humble boarding house, and we were pleasantly surprised. Situated inside a very old building K&T is very modern, with all the necessities to rest you tired body. It is clean, and comfortable. And the building is a treat to enter:




En hier staan ek, met my uil-handsakkie (wat my beste reisgenoot naas die Brombeer is), baie selfvoldaan want ek is in Wene, en aan my is 'n wals belowe.

 Here I stand, with my little owl bag (it turns out to be the best travel companion besides Mr Grumpy), very chuffed, because I am in Vienna and a walz was promised to me.

Dis dan my storie oor Wene. Vir oulaas is hier 'n foto van die Donau. Dis deur die trein of busvenster geneem, maar julle kan darem 'n stukkie sien.

This was my fling with Vienna, then. Here is a picture of the Donau, taken through the bus or train window, just to give you a slight glimpse of its magnificence.



En dis hoe die Oostenrykse platteland deur die teinvenster lyk. Mooi, né.

And this is the Austrian countryside. Isn't it lovely?









 En vir julle wat nog dit nog hoegenaamd kan verduur om verder te lees, hier is 'n gedig waartoe my ervaring my gedryf het:

Vienna moved me to poetry, but sadly only in Afrikaans.

Wene

Ek het die Donau gesien
blou, blouer as blou
en ou gebou na ou gebou
beelde in parke
en perde en koetse voor kerke
terwyl ek verbete
aan my sambreel vasklou.










2 opmerkings:

Anoniem het gesê...

O so mooi Santie! ;) Dankie dat ons kan saam reis! ;)

Maritza

Santie het gesê...

Dis lekker om dit met julle te deel, Maritza!