28 Mei 2013

Praag/ Prague

Om in Praag te wees, is soos om by jou geliefde tannie te kuier. Die tannie by wie se huis jy jou voete op die koffietafel mag sit, en meer as twee koekies mag vat. Die tannie wat jou liefhet nes jy is, en waar jy nie nodig het om jou skoene en kouse heeltyd aan te hou nie. Dis anders as jou ma se huis, maar net omdat hulle eers later saans gaan slaap, en omdat hulle ander soorte kos maak. Jy eet jouself nog steeds knuppeldik, en wens jou ma wil die resep vra.

A visit to Prague is a bit like visiting you favourite aunt's house. Where you feel comfortable. Where you may put up your feet, and eat more than two biscuits if you feel like it. Where you are loved and accepted.  It's different from your mother's house, because you may stay up later, and she doesn't serve the same food. But you can still eat enough, and you wish your mother would ask the recipe.


Praag vou haar arms oop, verwelkom jou, en gaan dan aan met haar daaglikse dinge. Sy is pragtig aangetrek, maar sy lyk al al die jare so, en dis nie net vir jou onthalwe nie.

Prague welcomes you with open arms, makes sure you're comfortable, and then goes about her business. She is beautifully dressed, but that is how she looks all the time, and  not to impress you.

Ek weet nie eers waar om te begin vertel nie. Miskien by die vervoer. Ons gebruik publieke vervoer- trems treine en busse. Dis gerieflik, goedkoop en vinnig. Daar's net 'n paar minute tussen treine en trems en daar is altyd 'n volgende een op pad. Jy moet net jou staan ken. Daar is nie altyd sitplek nie, en nie alle bestuurders trek glad en gelydelik weg nie.

I hardly know where to start. Maybe with transport- without it I wouldn't be able to see all the wonerful sights, would I? We use public transport, mainly trams and trains. It's cheap, easy accesible and quick. there's minutes between trains and trams- you always know another one is on its way. You just have to find you footing, and hold on.

 

 Hierdie is 'n ou trem wat nog naweke gebruik word. Die wat ons normaalweg gebruik, is modern.

This old tram is only used weekends; the ones we normally use are modern.

Die enkele ding wat my hier regtg bang maak, is die roltrappe by die treinstasies. Baie van hulle is skrikwekkend hoog. Ek kyk nie op of af nie, net hier op my tekkies, anders word ek sommer naar. Een van hulle is 87 m hoog, en dit neem meer as twee minute om van een punt na die ander te beweeg. Kyk hier onder:



I am really at ease here, except for the long escalators in some of the stations: they scare the living daylights out of me. The highest is 87m, and takes more than two minutes to convey you from point A to B. But a necessary evil- imagine how long it would take if you took the stairs! And there are not many elevators.



Na die Kasteel- On to the Castle

 Die Praag- kasteel is in in die 9de eeu begin. Dit is volgens die Guinness Book of World Records is dit die grootste kasteelkompleks in die wêreld, met 'n oppervlak van 70 000 m².

Prague Castle was established in the 9th century.  According to the Guinness Book of World Records, it is the largest coherent castle complex in the world, with an area of almost 70,000 m².

Ek gaan julle nie verveel met honderde foto's nie, maar hier is darem 'n paar:

I won't bore you with hundreds of pictures, but here are a few:









 Hierdie is 'n somershuis wat Koning Ferdinand I vir sy vrou Anna laat bou het. Koningin Anna is in 1547 dood nadat sy geboorte geskenk het aan hulle 15de kind, en het nooit haar Reanaiscance- styl somershuis klaar gesien nie. Koning Fedinand het Praag verlaat voordat dit in 1560 voltooi is.

This is the summer house King Ferdinand I comissioned for his wife, Anna. Sadly Queen Anna never saw the beautiful renaisance building completed. She died in 1547 after their firteenth chikld was born. King Ferdinand left Prague before it was completed in 1560.


 St Vitus katedraal (in 1344 begin bou).

St Vitus Catherdral (strated 1344)

 Kyk na die gesklilderde detail:

Look at the painted detail:






Die omruil van die wagte elke uur is baie aanskoulik.

Changing of the guards:



En nog 'n kykie op die pragtige stad van die kasteelgronde af:

And another glimpse from the castle grounds over the lovely city:


Binnekort in 'n volgende vertelling: Charles Brug, Vyšehrad,  en die stadsplein.
Later ook die ietwat grieselrige besienswaardigheid in Kutna Hora.
Hou hierdie spasie dop!
Coming up soon: Charles Bridge, Vyšehrad and the citycentre.
Later- the somewhat gruesome attraction in Kutna Hora.





















1 opmerking:

Elsa het gesê...

Hi! Ek gaan Praag toe en nou gaan ek terug na jou blogs oor Praag en lees met nog groter aandag sodat ek "tips" kan kry van wat om als te besoek! Stuur my tog 'n boodskap as jy vir my idees het? Groete, Elsa (aan-die-haak)