01 Sep. 2013

'n Eerste Herdenking/ First anniversary

My Sus is vandag 'n jaar met haar Andries getroud. Hier is ietsie wat ek vir hulle geskryf het, om die dag te herdenk.

My Sister married her Andries totday a year ago. I wrote them something to celebrate the day, but unfortunately it is only in Afrikaans. I will try to translate it some other time.




Die eerste September, van nou af aan

Noudat die duiwe
vergete al die springmielies 
van die kerk se gras afgepik het
Noudat jy jou hare weer kort
en sonder 'n tiara skik
Noudat ons  vergeet het 
hoe koud die wind
Vryburg  stóf gewaai het
Noudat al die kos, jou tannie se koek
En jou sussie se kolwyntjies 
net op foto's nog onthou word
is wat van daardie dag oorgebly het
net Andries, en jy
en julle liefde
en toegeneentheid
en julle toegewydheid
aan mekaar
om elke dag te koester
en te onthou 
op die eerste September 
elke jaar.


2 opmerkings:

Anoniem het gesê...

Dit is so mooi & spesiaal Ousus. Dankie dit beteken vir ons so baie, & ons sal dit altyd op 'n spesiale plekkie in ons harte bere.

Santie het gesê...

Ek is bly dis vir julle mooi, Sussa, dit kom uit my hart uit.